Hoewel dit nie streng gesproke ’n siekte is nie, kan dit groot verleentheid veroorsaak.

Die toestand raak die handpalms, voetsole en oksels. Dit begin gewoonlik tydens adolessensie, en angstigheid vererger die situasie.

Daar is sekere mediese toestande wat wel tot oormatige sweet kan lei:

  • ooraktiewe skildklier
  • lae bloedsuiker
  • angstigheid en panieksteuring
  • ’n oormaat adrenalien
  • newe-effekte van sekere middels, byvoorbeeld anti-depressante
  • hormoonveranderings, byvoorbeeld menopause
  • koors
  • infeksies

Selfhelp

  • antiperspirante help onder arms
  • ’n aluminiumchloriedoplossing (by aptekers verkrygbaar) wat oornag aangewend word, kan sweet op die hande en voete verminder
  • dra verkieslik katoenklere
  • antiseptiese seep
  • Middels soos beta-blokkers kan ook in sommige gevalle help.

Meer onlangs is bevind dat botoksinspuitings sweetkliere effektief verlam. Die nadeel is dat dit nie permanent is nie en dit moet deur ’n spesialis gedoen word.

Waar oormatige sweet hoofsaaklik die onderarmarea en hande raak, kan ’n chirurgiese prosedure gedoen word waartydens die senuwee wat die sweetkliere bedien, vernietig word. Die prosedure word nie ligtelik gedoen nie en komplikasies kom soms voor. Dit is egter ’n permanente oplossing vir die probleem.