Volgens onlangse navorsing kan 'n nuwe tegniek moontlik verseker dat vroue wat aan die siekte ly, wel kinders kan hê ten spyte van die behandeling wat hulle moet ondergaan, en dit kan ook help om vrugbaarheid te herstel by dié wat deur 'n vroeë menopouse gaan.

Kundiges is positief oor die “fenomenale” prosedure en hulle glo dat dit ’n groot tree vorentoe is in die takeling van die kwessie.

Die span deskundiges van die Mediese Kollege van Georgië in die VSA het proefnemings gedoen met muise. Hulle het beenmurg-stamselle gebruik en gehelp om beskadigde eierstokke van ses knaagdiere wat chemoterapie ondergaan het, te herstel. Aangesien die selle as leeg beskou word, kan hulle deur middel van herprogrammering verander word in enige ander sel in die liggaam, insluitend dié wat beseerde weefsels weer herstel. Deur die follikels in die eierstokke van die muise te herstel, kan eiers steeds geproduseer word.

Fertiliteitsdeskundiges is optimisties oor hierdie resultate

In ’n voorlegging by die jaarlikse konferensie van die Amerikaanse Vereniging vir Reproduktiewe Medisyne in Baltimore het die navorsers onthul dat die getal follikels in muise oor twee weke vermeerder het en hulle het voortgegaan om gesonde kleintjies in die wêreld te bring.

Alhoewel jong vroue wat kanker het, met in vitro-bevrugting kan begin of hul eiers kan bevries voordat hulle chemoterapie kry, begin die behandeling so skielik dat baie dames nie tyd het daarvoor nie.

Fertiliteitsdeskundiges is optimisties oor hierdie resultate, wat dr Geoffrey Trew van die Imperial College in Londen as “belowend” beskryf.

“Dit kan moontlik ook die gehalte van die eiers verbeter en die risiko vir miskrame verlaag,” het hy bygevoeg, terwyl dr Edgar Mocarnu, konsultant-ginekoloog by die Rotunda-hospitaal in Dublin, gesê het: “Dit kan fenomenale geleenthede vir vroue oopstel.”

© Cover Media