Maar duur ‘detoks-tee’ kan ’n gat in jou beursie maak en dit kan nie die krag van die natuur klop nie.

Hier is ’n paar wenke oor hoe jy jou liggaam op ’n natuurlike wyse kan reinig en ontgif – teen ’n breukdeel van die koste.

Warm water en suurlemoen

Begin jou dag met ’n beker warm water met ’n skyfie suurlemoen in. As jy ’n nuweling is wat ontgifting betref, is dit ’n maklike manier om die proses aan die gang te sit. Die drankie kry die spysverteringsproses aan die gang en help om die liggaam te alkaliseer.

Gemmer

Gemmer, of jy nou gek is daaroor of dit nie voor jou oë kan verdra nie, speel ’n belangrike rol in die welsyn van die spysverteringskanaal. Dit is anti-inflammatories, dit ontgif die liggaam en help jou met gewigsbeheer. Selfs al is jy nou nie ’n aanhanger van gemmer nie, behoort jy dit by jou dieet te voeg. Geur jou roerbraaigereg daarmee of probeer dit as ’n variasie op die tee-tema.

Kruietee

Daar is talle duur ontgifters op die rakke, maar hoekom sal jy nou baie geld bestee as jy reinigende teesoorte by die supermark kan koop? Groentee is een van die beste reinigers vir jou liggaam en dit bevat flavonoïed wat die lewer wakker skud om ensieme af te skei. Brandnetel, peperment en kamille is ook goeie keuses vroegoggend of net voor slapenstyd.

Groente

Jy is moontlik van jou kinderjare af aangesê om jou groente te eet. ’n Mens se ma weet, soos altyd, die beste. Broccoli werk saam met die ensieme in jou lewer om gifstowwe te beveg. Kool is nog ’n natuurlike dryfkrag, want dit help om cholesterol te verlaag, dit reinig jou lewer en help met spysvertering deurdat gifstowwe vinniger uit die liggaam verwyder word.

© Cover Media