Dis in navorsing aan die Universiteit van Aberdeen in Skotland bevind.

Wonder jy ooit wat hierdie kosdrange veroorsaak, terwyl jy party dae nie eers die eetlus het om ’n bord kos op te eet nie?

Daar is ’n bekende teorie dat jy honger word wanneer jy moeg dit; dis waar. Maar dit kom sterker by vroue voor, want die hormoon ghrelien word geaffekteer. Ghrelien stuur die boodskap na die brein wanneer ons iets moet eet, en te min slaap verhoog dit.

Navorsers aan die Columbia-universiteit in Amerika het bevind vroue wat nie goed geslaap het nie, het sowat 300 kalorieë meer geëet as dié wat ’n goeie nagrus gehad het. Oor ’n lang tydperk kan dit lei tot aansienlike gewigstoename.

Hoe vinnig jy eet, het ook ’n uitwerking op die seine wat na die brein gestuur word om te sê jy is vol, wat oorinname kan veroorsaak.

En hooikoorslyers moet ook pasop: Die medikasie wat die brandende oë en loopneus behandel, kan jou honger maak. Antihistamien verander jou hipotalamus, die deel van die brein wat die eetlus beheer en keer dat jy jou ooreet. Dit gebeur blykbaar mettertyd, nie onmiddellik nie. Jy sal dus na natuurlike oplossings moet kyk as jy die gepeusel wil stopsit.

Antidepressante het dieselfde uitwerking op die hipotalamus; middels met mirtasapien veroorsaak meer honger, maar die redes daarvoor is nog nie vasgestel nie.

Daar is nog redes waarom jy peusel, en die skuldgevoelens oor daardie koekie kan so lekker wees dat jy nog een wil hê. Dan wil jy dit afwissel met ’n pakkie aartappelskyfies of ’n sjokoladestafie. Dis selfs moeiliker as mense om jou jou aanmoedig.

As dit die geval is met jou, moet jy hou by ’n hand vol neute en droëvrugte of ’n bak vetvrye jogurt om jou deur die dag te kry.

© Cover Media