Wanneer selle van ’n gewas versprei, beland dit in die bloedstroom voor dit aan die binnewande van die bloedvate vaskleef.

Die nuwe studie, befonds deur die Cancer Research UK, het getoon kankerselle kry beheer oor ’n reseptor-proteïen genaamd EPHA2 om uit die vate na die res van die liggaam te beweeg.

As die reseptor-proteïen egter geaktiveer word, kan die kankerselle nie uit die bloedvate kom en na ander dele van die liggaam beweeg nie.

Borskanker is die algemeenste kanker by vroue wêreldwyd. Die Wêreldkankernavorsingsfonds het in 2012 byna 1,7 miljoen nuwe gevalle aangeteken.

Lees ook: Onvrugbaarheid ná kankerbehandeling: daar is dalk ‘n kuur op pad

“Die volgende stap is om uit te werk hoe ons hierdie reseptor geaktiveer kan hou sodat die kankerselle nie die bloedvate kan verlaat nie en sodoende te keer dat borskanker versprei. Dit kan behandeling ook makliker maak,” het dr. Claus Jorgensen, van die Instituut van Kankernavorsing in Londen, verduidelik.

Nell Barrie, senior inligtingsbestuurder van Cancer Research UK, het gesê: “Hierdie soort navorsing is lewensnoodsaaklik om ons te help om te verstaan hoe kanker versprei en hoe om die verspreiding stop te sit. Nog navorsing is nodig voor pasiënte sal daarby sal baat vind, maar dit is ’n stap in die regte rigting.”

Hierdie deurbraak kom nadat dit aan die einde van verlede jaar bekendgeraak het baie vroue weet nie wat die vroeë simptome van borskanker is nie.

Lees ook: Vroue wat min slaap is meer geneig tot Tipe 2-diabetes

Breast Cancer Care het meer as 1 100 vroue ondersoek.

Hoewel 96 persent van hulle geweet het ’n knop is ’n aanduiding, het hul geen ander simptome geken nie. Rooiheid, uitslag en ’n ingeduikte tepel is ook tekens.

As jy twyfel, gaan vir ’n mediese ondersoek.

© Cover Media

Ander stories op huisgenoot.com:

Ma van vasgekeerde mynwerker kry swaar

Gedink daar’s net ooievaarstees? Watwou! Bobby hou ’n doekedinee

Rolspelers reageer oor Zuma se dag in die hof

Plaaslike man deur nagadder gepik

Seun in hospitaal nadat hy met skaatsplank teen paal vasry