Moenie toelaat dat jou knierefleks-reaksie jou van die gimnasium af weghou as die pyn jou neergetrek het nie; soek die regte roetine sodat die spiere om die gewrig versterk kan word en hulle beskerm kan word teen besering deur stres op die knie te verlaag. Jy sal die beste oefeninge vir swak knieë hier onder vind.

Gedeeltelike hurksitte

Hurksitte is nie net goed vir agterstewes van staal nie; hulle kan ook die knieë versterk. Staan voor ’n stoel, met jou voete heupwydte uitmekaar en tone vorentoe, buig by die heupe en sak halfpad teen die stoel af. Trek jou maagspiere in en maak seker die beweging IS stadig en egalig. Jou knieë moet agter jou tone bly.

Trap-oefeninge

Gebruik jou trapbankie as jy een het, so nie sal die onderste trappie van ’n stel trappe ook werk. Klim eers met jou regtervoet op en dan met jou linkervoet, wat net liggies aan die trap moet raak en dan laat sak word. Herhaal met die ander kant. Maak seker jou knieë bly reg bokant jou enkels.

Lig bene reguit

Sit op ’n stoel, maak jou regterbeen reguit en lig dit op tot dit heeltemal horisontaal is. Jou voet moet liggies na buite gedraai wees. Beweeg die been op en af terwyl jy die traanvormige spier (net bokant jou knie) saamgetrek hou. Herhaal met die ander kant.

Rek die skenkelsening

Sit op die kant van ’n stoel, buig jou een been en hou die ander een reguit. Plaas die hak van die gestrekte been op die grond, met jou voet effens na buite gedraai. Buig in die rigting van die gestrekte been en strek jou skenkelsening terwyl jy die traanvormige spier span. Hou jou rug reguit en buig van die heupe af. Ruil bene.

Oefeninge wat jy moet vermy

En watter soort oefeninge behoort jy nie te doen nie? Active.com se advies is dat jy volsirkel-kniestrekkings, spronge en diep hurksitte moet vermy om probleme met jou knieskyf te voorkom.

© Cover Media