Maak jou reg vir arms wat so ferm is dat jy selfs in die winter moulose klere sal wil dra. Doen hierdie eenvoudige oefeninge vir sexy armspiere.

As die gim jou intimideer, kan jy altyd belê in ’n paar handgewigte. Anna Renderer verduidelik aan Popsugar hoe kombinasies van verskillende armoefeninge jou spiere die beste aan die werk kry.

Laterale optrekke op die grond

Lê op jou rug met jou heupe asook knieë teen 90 ° gebuig. Gebruik jou laer maagspiere om jou rug in die mat in te druk. Dit verseker dat jou maagspiere ook werk.

Hou ’n gewig in elke hand, lig jou arms op na die dak. Jou handpalms moet na mekaar wys en jou elmboë moet effe gebuig wees. Hou jou bolyf stil en laat sak jou arms tot jou elmboë net bo die grond is.

Bring jou arms weer bymekaar. Herhaal nege keer.

Triseps-uitstrekke op die grond

Lê op jou rug met ’n gewig in elke hand. Lig jou arms bo jou bors en hou jou elmboë reguit maar nie gesluit nie.

Laat sak albei arms stadig en versigtig na jou kop; buig jou elmboë soos wat die gewigte aan die grond raak. Jy moet mik dat die gewigte weerskante van jou kop raak.

Bring jou arms weer na die beginposisie en herhaal nege keer.

Hurksit, bisepkrul en skoueroplig

Begin met jou voete direk onder jou heupe met ’n gewig in elke hand.

Begin hurksit (en hou jou gewig op jou hakke) tot jou dye parallel met die grond is, maar jou knieë moenie oor jou tone steek nie.

Druk op jou hakke om weer regop te kom terwyl jy die gewigte na jou skouer lig; ’n bisepkrul.

Hou jou bolyf stil en lig jou arms tot bo jou kop. Doen ’n skoueroplig met jou handpalms na buite.

Laat sak jou arms

Herhaal nege keer om jou hart vinnig te laat klop. Dit oefen ook jou agterstewe en bene.