Dit lyk omtrent of ’n mens iets kan stryk op Shakira se maag. Die sanger was nog altyd geheimsinning oor haar oefen- en dieetplan, maar sy doen beslis iets reg, want ons weet daardie heupe en magie jok nie! Dis nie net gene nie. Shakira oefen tot ses keer per week ’n uur lank en kombineer krag- en kardiovaskulêre oefeninge. Sy doen ook buikdanse om daardie magie perfek te hou.

Opsitte met ’n lekker kinkel

Lê op die naat van jou rug met jou knieë gebuig en jou voete op die grond. Maak jou arms reguit om ’n hoek van sowat 90 grade met jou lyf te vorm. Doen nou ’n gewone opsit met jou arms voor jou uitgestrek. Wanneer jy in die sittende posisie is, draai jou lyf na die kant terwyl jy jou arms so ver moontlik uitstrek. Draai jou lyf weer vorentoe en gaan lê weer plat op die grond. Herhaal die beweging, maar draai die volgende keer jou lyf in die teenoorgestelde rigting. Onthou om uit te asem terwyl jy boontoe beweeg in die opsitposisie! Herhaal die oefening soveel keer moontlik in 60 sekondes.

Superman-opstote

Dis ’n lekker manier om jou kernspiere te oefen. Begin in ’n opstootposisie. Lig jou linkerbeen so hoog op as moontlik terwyl jy jou regterarm voor jou uitstrek. Dit dwing jou om jouself op een arm en een been te balanseer. Keer terug na die opstootposisie en wissel jou bene en arms af. Moenie hierdie oefening te vinnig probeer doen nie, want jy moet jou balans kan hou.

Turkse Armstrekke

Hierdie oefening oefen al jou maagspiere gelyk. Begin deur op die naat van jou rug te lê met jou knieë gebuig. Hou jou voete op die grond en strek jou arms bo jou kop uit (op die grond). Hou jou handpalms na bo. Kom nou op in ’n sittende posisie terwyl jou arms steeds boontoe gestrek is. Druk jou met een arm op tot in ’n staande posisie. Gaan sit weer sagkens en rol op jou rug om die beweging te voltooi. Mik daarna om later op te staan sonder om jou met die hand op te stoot. Onthou om die arm waarmee jy in die staande posisie kom, af te wissel. Moenie te haastig probeer wees nie