Wetenskaplikes het ’n nuwe metode ontwikkel om preëklampsie vinnig by swanger vroue te kan diagnoseer.

Preëklampsie is ’n toestand wat sommige swanger vroue aantas – gewoonlik gedurende die tweede helfte van die swangerskap of net nadat die baba gebore is.  Vroeë tekens van preëklampsie sluit hoë bloeddruk en die voorkoms van proteïne in die urine in.  

Onlangse studies dui daarop dat preëklampsie gekoppel word aan die abnormale teenwoordigheid van urine in die nierselle, bekend as podosiete, terwyl navorsers, onder leiding van dr. Vesna Garovic van die Mayo-kliniek, tans besig is om ’n nuwe manier te ontdek om die selle op te spoor.

“Hierdie verhoogde hoeveelheid fetale hemoglobien in preëklampsie kan moontlik die oorsaak wees dat podosietfragmente in die urine vrygestel word,” was haar mening.  “Ons hoop hierdie inligting sal lei tot beter diagnostiese prosedures by vroue met preëklampsie.”

Die navorsers het ook gevind dat fetale hemoglobien – die vernaamste oordra-proteïne in die menslike fetus, wat normaalweg in klein hoeveelhede is die bloed van swanger vroue gevind word –  in groter hoeveelhede in die bloed van preëklamptiese vroue voorkom.

Dr. Garovic en haar span gaan voorts probeer om hul toets op meer pasiënte uit te voer en ook ten opsigte van verskeie soorte preëklampsie, en hulle hoop dat hul bevindings gaan lei tot beter diagnostiek en behandeling vir vroue met die aandoening.

By baie van die vroue wat daardeur aangetas word, kan preëklampsie tot nierskade lei.  Die enigste behandeling wat tans beskikbaar is, is die verlossing van die baba, maar dit beteken dikwels dat suigelinge te vroeg gebore word en dat daar moontlik mediese probleme kan wees as gevolg van die vroeë verlossing.

Die volledige studiestuk is in die Journal of the American Society of Nephrology gepubliseer.