Mense wat in hul gedagtes verdiep raak, let blykbaar nie op hoeveel hulle eet nie en dit kan daartoe lei dat hulle hulle ooreet.

Data van 38 kinders van agt tot 13 jaar oud, wat deur die Enhanced Nathan Kline Institute versamel is, is ontleed. Vyf van die kinders was vetsugtig en ses oorgewig. Hulle is geweeg en inligting oor hul eetgewoontes ingesamel.

Breinskanderings is ook op hulle uitegvoer.

Lees ook: Wil jy sterk maagspiere hê? Lag meer!

Drie areas van die brein is geïdentifiseer wat met eetgewoontes en gewig verbind word. Die inferieure pariëtale lob word verbind met inhibisie en kan ’n outomatiese respons, soos eet, oorheers. Die frontale pool word verbind met impulsiewe gedrag, terwyl die nukleus akkumbens op beloning ingestel is.

Toe hulle kyk na die kinders wat die meeste geëet het, het die navorsers bevind die deel van die brein wat verbind word met impulsief wees, is belangriker as die sektor wat met inbibisie verbind word.

In teenstelling het die kinders wie se gedrag hulle van kos weggehou het se deel van die brein wat met inhibisie verbind word ’n sterker rol as die impulsiewe kant gespeel.

Die navorsers meen die oplossing is om kinders van jongs af aan te moedig om bewustelik op te tree. Ronald Cowan van die Vanderbilt-universiteit, ’n medeskrywer van die ondersoek, sê: “Ons dink bewustelikheid kan die wanbalans in die breinverbindings herkalibreer wat met vetsug onder kinders in verband gebring word.”

Lees ook: Hoe ’n jong ma wat ‘te vet was om te loop’ 45 kg afgeskud het

Dr. Kevin Niswender, ’n medeskrywer van die ondersoek, voeg by: “Volwassenes, en veral kinders, is ingestel daarop om meer te eet. Dit is wonderlik uit ’n evolusionêre oogpunt – hulle het kos nodig om te groei en te oorleef.

“Maar in vandag se wêreld vol maklik verkrygbare, hoogs geadverteerde, energiedigte kosse, stel dit kinders in die gevaar van vetsug.”

Die ondersoek is in die joernaal Heliyon gepubliseer.

© Cover Media