As jy meer oefen en jou dieet op 'n slim manier benader, sal die kilogramme wegsmelt, maar navorsers van Cambridge het 'n klompie wenke en kunsies uitgedink wat jou kan help om jou ideale figuur te kry.

Kies kleiner of gaan huis toe

'n Kleiner bordjie beteken dat jy minder kos kan opstapel. Die akademici het uitgevind dat, as jy kleiner breekware gebruik, jy ook minder eet. Trouens, hulle het bevind dat jy 'n yslike 660 kJ minder kan inkry deur hierdie eenvoudige ruiling.

Twee vir die prys van een

Dit is algemene kennis dat 'n glas water voor ete jou aptyt in toom hou, maar volgens die span van Cambridge sal twee glase water jou honger stil tot dit tyd is vir jou hoofmaaltyd. Maak ook seker dat jy deur die dag aan water teug, aangesien ons dikwels dors met honger verwar. Moenie op die punt kom waar jy ’n glas water afsluk omdat jy vergeet het dat jy gehidrateer moet bly nie. Hou ’n glas op jou lessenaar en vul dit sodra dit leeg is.

Courgetti jou Spaghetti

Onder watter klip het jy tot nou toe weggekruip as jy nog nie ’n spiraalsnyer aangeskaf het nie? Hierdie slim apparaatjie draai jou groente in spirale wat jy maklik vir spaghetti sal aansien. Jong murgpampoentjies is besonder geskik hiervoor. Voeg ’n pastasous by, en selfs ’n bietjie kaas, vir ’n laekilojoule-variasie van jou geliefkoosde pastageregte.

Begin met ’n voorgereg

Bederf jouself met ’n voorgereg wanneer jy uiteet. Die enigste vangplek is dat jy een moet kies wat uit groente bestaan – soos in sop of slaai. Hierdie vuller sal verhoed dat jy rasend honger voel wanneer jy jou hoofgereg moet kies; jy sal dan stadiger eet en dit sal jou brein tyd gee om te weet wanneer jy versadig is. Hou dadelik op met eet sodra jy versadig voel.

© Cover Media