Is jou sekslewe die afgelope tyd ’n bietjie afgewater? As jy en jou maat dit nie meer so baie soos vantevore geniet om intiem te verkeer nie, kan dit volgens Good Health aan een van die volgende dinge te wyte wees.

’n Toe neus klink miskien nie na ’n voor die hand liggende probleem nie, maar ’n studie wat vier jaar gelede by die Universiteit van Götenburg in Swede van stapel gestuur is, het getoon mans met ’n swak reuksin het aansienlik minder seksmaats gehad as dié met ’n normale reuksin.

Daar is ook bevind vroue wat nie kon ruik nie, was onseker oor hul verhouding.

Dit het dalk te doen met feromone, reuke wat afgegee word deur sweet en wat seksuele gedrag beïnvloed.

“Die reukkanaal (die neusvoering en senuwees) gelei ’n klomp sosiale seine en ’n swak reuksin kan keer dat dit jou bereik,” het dr. Ilona Croy, die sielkundige wat die studie gelei het, gesê.

Lees ook: Meer seks gee mans se vrugbaarheid ’n hupstoot

As jy ’n verkoue voel aankom, gebruik dadelik ’n neussproeimiddel en drink meer vitamiene om te keer dat jou neus toetrek.

Glo dit of nie, maar hoë hakke kan vroue se sekslewe in die wiele ry.

As jy heeldag met spykerhakskoene ronddraf, gaan jou rugspiere, dié wat jou orent hou, in snelrat en dit kan daartoe lei dat seks nie so genotvol is nie.

“As die spiere in die bekkenvloer heeltyd saamgetrek is, kan hulle styf raak. Dit strem die senu-impulse wat deur hulle na die voortplantingsorgane en opwekkingsweefsels beweeg,” het dr. Eden Fromberg, ’n New Yorkse ginekoloog, verduidelik.

“As ’n vrou heeldag hoëhakskoene dra, kan dit haar orgasme affekteer – daar is verslae van vroulike pasiënte wie se sekslewe aansienlik verbeter het nadat hulle hul hoëhakskoene weggepak of minder gedra het.”

Lees ook: Sojaryke kos bevorder dalk vrugbaarheid

Selfs as jy heeldag agter jou lessenaar sit en werk, kan dit ’n uitwerking hê.

As jy nie dikwels genoeg opstaan en jou uitrek nie, word die bekkenvloer en die spier wat van die laer rug tot by die lies strek nie genoeg saamgetrek nie.

Dit beïnvloed die seine wat deur die senuwees na die voortplantingsorgane gaan.

“Diep en lêstoele verhoog die probleem aansienlik,” het Eden bygevoeg.

Maak dus seker jy staan gereeld op dat jou senuwees kan bly beweeg – anders kan jou slaapkamerplesier daaronder ly.

© Cover Media

Ander stories op huisgenoot.com:

Bobby van Jaarsveld in hospitaal

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Kyk net hierdie bekendes se verborge talente

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld???