Nuwe navorsing toon vroue wat meer omega-3-vetsure uit vis inkry, het ’n kleiner kans om borskanker te ontwikkel. Chinese navorsers het 26 ondersoeke wêreldwyd bestudeer wat almal met borskanker of omega-3-vetsure te doen gehad het.

Altesaam 90 000 vroue is by die ondersoeke betrek, van wie 20 000 borskanker gehad het.

Die navorsing, wat in die British Medical Journal gepubliseer is, het getoon die vroue wat die meeste omega-3-vetsure uit vis ingekry het, se kans om borskanker te ontwikkel was tot 14 persent kleiner.

Eet dus minstens drie keer per week salm, sardiens of makriel, al is dit geblik.

Bron: Huisgenoot, 01/08/2013.