Die voordele van ’n dieet ryk aan omega-3 word lank reeds besing. Baie mense smul aan kossoorte soos salm, broccoli, neute en sade om van depressie tot diabetes af te weer. Dit kan ontsteking help bestry wat teen asma help, en is ook die sleutel tot die ontwikkeling van ’n baba se senuweestelsel.

“Ons is die eerste navorsers wat bewys (omega-3-vetsure) werk so met kanker, tesame met die ander bekende voordele van omega-3,” sê Kathryn Meier, professor in apteekwese aan die SUW.

'Ons is die eerste navorsers wat bewys (omega-3-vetsure) werk so met kanker, tesame met die ander bekende voordele van omega-3.'

“Die aandag was oor die algemeen gefokus op ontsteking en diabetes, maar daar was altyd ’n belangstelling in kanker, en ons is die heel eerste navorsers wat hierdie meganisme in enige kankersel aangedui het.

“En ons gebruik prostaatkanker, wat die mees omstrede onderwerp betreffende omega-3’s is.”

Hierdie bevindings kom nadat wetenskaplikes ontdek het vetsure verbind met ’n reseptor genaamd “FFA4“ (vry vetsuur 4). Pleks dat dit kankerselle stimuleer, tree die reseptor op as ’n sein om groeifaktore te voorkom en onderdruk dit die aanwas van kankerselle.

Kathryn het saam met twee studente gewerk. Sy meen hul werk sal lei tot ’n verbetering in die medisyne en die prosedures by die behandeling van kanker.

“Met dié soort kennis kan ons kanker beter behandel of dit voorkom, want ons weet nou hoe dit werk,” het sy gesê.

Die studie verskyn in die Journal of Pharmacology and Experimental Therapeutics en verduidelik hoe ’n geneesmiddel wat die werking van omega 3’s kan naboots, net so goed soos (of selfs beter as) vetsure kan werk om kankerselle te onderdruk.

Die jongste navorsing is egter in direkte teenstelling met werk wat in 2013 gedoen is en wat in die Journal of the National Cancer Institute gepubliseer is. In die 2013-navorsingstuk is bevind dat daar by mans met hoër vlakke van omega-3 in hul bloed, ’n groter risiko bestaan om prostaatkanker te kry.