As jy iemand is wat heeljaar snags deurdrenk wakker word, is daar dalk ’n paar redes.

As jy begin met die eenvoudigste, kan jou kamer dalk te warm wees, of dalk is jou komberse baie swaarder as wat dit moet wees. Jennifer Caudle, ’n huisarts en medeprofessor aan die Rowan Universiteit Skool van Osteopatiese Medisyne, kom agter dat wanneer gesonde jong mense vra of dit normaal is, dit waarskynlik te danke is aan omgewingsoorsake. Onder hierdie omstandighede moet jy probeer om jou venster snags oop te maak of dalk ligter komberse kry wat jou nie laat voel asof jy in ’n sauna lê nie. Maar as jy dit probeer het en niks werk nie, kan daar ander faktore wees waarna jy moet kyk.
Onder hierdie omstandighede moet jy probeer om jou venster snags oop te maak of dalk ligter komberse kry wat jou nie laat voel asof jy in ’n sauna lê nie.

Medikasie soos hormoonterapie kan sweet snags laat toeneem, sowel as sommige voorbehoedmiddels en antidepressante. Jy sal by jou dokter of apteker moet seker maak voor jy aanneem dat dit die oorsaak is, maar daar is gevalle waar sweet ’n newe-effek van ’n voorskrif is.

Slaap-apnee is nog ’n potensiële rede waarom jy sweet, veral as dit belemmerend is. Jou asemhaling word geraak weens hierdie toestand en jou lugvloei kan 10 sekondes of meer verstop wees; daarom kan sweet toeneem. Kry behandeling vir slaap-apnee as dit ernstig is, want dit kan ook ander probleme oplos.

Dit kan ook aandui dat jy ’n ontsteking het, aangesien tuberkulose die algemeenste oorsaak van nagsweet is. Dit is ’n multisistemiese aansteeklike siekte en kan baie gevaarlik wees as dit nie vinnig opgemerk en behandel word nie. Mense wat in hospitale of op ander plekke werk waar daar nabye kontak is met mense met hierdie siekte, soos verpleeginrigtings en skuilings vir haweloses, loop groter gevaar om aan te steek, so ook mense met MIV, dwelmgebruikers en diabete.

Sweet kan ook ’n gevolg van hormoonversteurings wees. Feochromocytoom en karsinoïed-sindroom is gewasse wat maak dat jou liggaam meer hormone vervaardig as wat nodig is en kan die sondaar wees. So ook ’n ooraktiewe skildklier. Of, as jy ’n vrou is, kan dit menopouse wees, wat in besonder verband hou met warm gloede. As jy ook ly aan buierigheid en droogheid, ervaar jy waarskynlik dié verandering.

Baie selde kan nagsweet die gevolg van kanker wees, maar jy sal saam met dit egter aan ander uiterste newe-effekte ook ly. Soos altyd, spreek ’n dokter as nagsweet aanhou en bekommernis veroorsaak.

© Cover Media