Deur Alet van Zyl

Jy weet jy moet eintlik ’n volgraantoebroodjie met tamatie en blaarslaai vir middagete eet, maar ai, daardie pastei en Coke by die motorhawe is net onweerstaanbaar. En dan kom laatmiddag en pleks van ’n appel smag jy na ’n romerige sjokolade.

Wendiëte

Hier is ’n uittreksel van die artikel wat saamgestel is met die hulp van die Boksburgse biokinetikus Dewald van Rooyen.

Die bederf

’n Vleispastei Verbrand die sowat 1 700 kJ met

40 minute se fietsry teen omtrent 20 km/h of 50 minute se aërobiese oefening.

Die bederf

’n Sjokolade Verbrand die sowat 1 000 kJ met

20 minute se matig vinnige draf teen omtrent 10 km/h of 40 minute se huiswerk.

Die bederf

’n Glas wyn Verbrand die sowat 750 kJ met

25 minute se rugslag swem of 40 minute se tuinwerk.

Die bederf

’n Blikkie Coke Verbrand die sowat 600 kJ met

15 minute se sokker

of

30 minute se flink stap teen omtrent 5 km/h.