Baie mense glo aan ’n middagslapie voor hulle saans moet uitgaan of voor ’n groot vergadering of belangrike gebeurtenis. Hierdie voordele word nou wetenskaplik gerugsteun, aangesien daar in onlangse navorsing bevind is dat ’n slapie van net ’n halfuur stres kan verlig en jou immuniteitstelsel kan versterk. So word die skade herstel wat deur ’n tekort aan slaap veroorsaak is.

Die verhouding tussen slaap en hormone is gekontroleer by 11 gesonde mans, tussen 25 en 32 jaar oud. In die een proef is die deelnemers beperk tot twee uur se slaap in een aand. In die ander proef kon die manne ewe lank slaap, maar hulle is ook nog twee halfuur lange slapies toegelaat nadat hul rus die vorige nag versteur is. Dié proefneming sou drie dae duur. Die eerste nag kon hulle ’n volle agt uur slaap en aan die einde van die toets kon die manne onbeperk dut, ten einde te herstel.

'Ons data dui daarop dat ’n halfuur lange slapie die hormoon-impak van ’n hele nag se sleg slaap kan omkeer.'

Die uitslae het aangedui dat beperkte slaaptydperke meer norepinefrien vrystel. Dit is ’n hormoon wat die bloedsuiker, bloeddruk en hartklop verhoog, en dit lei tot meer energie. Daar was egter ’n tekort aan interleukin-6, ’n proteïen met antivirale eienskappe wat in speeksel voorkom.

Terwyl die mans gedut het, was hulle, danksy die norepinefrien, steeds op hul hoede en die interleukin-6 is versterk. Dit bring ons by die slotsom dat die hele liggaam by kort slapies kan baat vind, veral wanneer bakterieë afgeweer moet word.

“Ons data dui daarop dat ’n halfuur lange slapie die hormoon-impak van ’n hele nag se sleg slaap kan omkeer.

“Dit is die eerste studie waarin bevind is dat kort slapies die biomerkers van neuro-endokrien kan terugplaas en die gesondheid van die immuniteitstelsel op normale vlakke kan bring,“ het dr. Brice Faraut van die Paryse Descartes-universiteit-Sorbonne Paris Cité verduidelk.

“Kort slapies, wat help om die immuniteit- en neuro-endokrienstelsels te herstel, kan die oplossing wees om die skadelike uitwerking van beperkte slaap teen te werk.

“Die bevindings steun die ontwikkeling van praktiese strategieë om groot getalle mense, soos nag- en skofwerkers, te help.

Die studie, wat in die Endocrine Society’s Journal of Clinical Endocrinology & Metabolism gepubliseer is, sal hopelik ook nuttig wees vir diegene wat aan slapeloosheid ly.

© Cover Media