In ’n nuwe studie word selfs beweer pap, volgraan en graanvesel die risiko vir ’n vroeë dood verminder.

Navorsers aan Harvard se Skool vir Openbare Gesondheid stel ’n dieet ryk aan koring, hawer en quinoa voor, en sê dat dit jou kan beskerm teen diabetes, kanker, hartsiektes en asemhalingskwale.

Volgens die bevindings, as jy ’n gemiddeld van 34 g volgraan per dag eet, word dit vereenselwig met ’n 17 persent verminderde risiko vir vroeë dood, 11 persent verminderde risiko vir dood deur respiratoriese siektes en 48 persent verminderde risiko vir diabetes. Dit was die geval selfs toe faktore soos liggaamlike aktiwiteit en gesondheid dieselfde was.

'Ons studie bewys dat die inname van volgraan en graanvesel die risiko kan verminder vir alle oorsake van dood...'

“Ons studie bewys dat die inname van volgraan en graanvesel die risiko kan verminder vir alle oorsake van dood aan chroniese siektes, soos kanker, hartsiektes, diabetes en respiratoriese siektes,” sê dr. Lu Qi, medeprofessor in voeding.

Daar was 367 442 deelnemers aan die studie, en hulle is vir ’n gemiddeld van 14 jaar gevolg.

Maar dink gerus weer as jy jou ontbyt met ’n lekker warm koppie tee afsluk. In ’n studie aan die Universiteit van Londen is bevind dat 40 persent van teedrinkers dit nie vir die voorgestelde twee minute laat trek nie, wat beteken dat hulle dit drink terwyl dit nog baie warm is.

Jy kan die bloedvate in jou neus verswak of skade aandoen en jou vatbaarder maak vir bloeding.

Laat jou koppie tee gerus minstens vier minute staan en afkoel nadat dit geskink is en voor jy dit drink.

© Cover Media