Verminder jou kilojoule-inname met die volgende maklike wenke:

  1. Dit klink dalk gesond, maar ’n vegetariese burger kan jou vet maak. Verruil dit liewer vir ’n stuk geroosterde hoenderbors en jy kan sowat 920 kilojoules spaar.
  2. Kies soppe wat met aftreksel pleks van room gemaak is. Aftrekselsoppe soos groente- en hoendersop het omtrent die helfte minder kilojoules as romerige hoendersop.
  3. Verruil die cheddar op jou toebroodjie met vetvrye mozzarella. ’n Sny cheddar wat 28 gram weeg, bevat sowat 473 kilojoules, terwyl vetvrye mozzarella so min as 200 kilojoules kan bevat.

BRONNE: caloriecount.about.com, nandos.co.za