Maar dit beteken nie dit is sonder risiko nie; daarvan sal enige gesoute drawwer getuig wat al die intense honger ervaar het wat jou tref nadat jy ver gedraf het.

Wanneer moet ’n drawwer eet? En wat is die beste kosse? Die sportvoedingkundige Lauren Antonucci sê proteïen is een van die belangrikste stowwe om in te neem. Dis bekend dat dit ’n goeie idee is om ná ’n drafsessie daarvan te eet, want dit help jou spiere vinniger herstel.

Selfs al voel jy nie lus daarvoor nie, sal eet wanneer jy tuiskom verseker dat jy nie later in die dag so ’n groot eetlus het nie.

Maar eintlik moet jy ook jou algemene inname probeer verhoog deur kosse soos eiers en tofu by al jou maaltye te voeg. As jy ’n kitsmanier soek om jou spiere te help herstel nadat jy gedraf het, is weipoeier goeie raad, want dit bevat volop van die nege aminosure wat spiere help herstel en beskerm.

Lauren beklemtoon die belangrikheid van eet kort nadat jy gedraf het aan shape.com. Sy verduidelik dit is nie net goed vir spiere nie, maar hou ook langdurige voordele in.

Selfs al voel jy nie lus daarvoor nie, sal eet wanneer jy tuiskom verseker dat jy nie later in die dag so ’n groot eetlus het nie.

Sy beveel ook aan jy neem ’n peuselhappie saam wanneer jy ’n ver ent gaan draf en sy verkies koolhidrate. Ook dit sal jou spiere versterk terwyl jy draf, en dit sal ook jou bloedsuikervlakke egalig hou.

Jy kan ook sportdrankies beproef wat elektroliete verskaf om jou gehidreer te hou en krampe te keer. En moenie van doodgewone water vergeet nie.

Kyk ook na die res van jou dieet. Noodsaaklike vetsure sal jou lyf fiks hou sodat jy minder vatbaar is vir beserings. En die antioksidante wat in vrugte en groente voorkom, help jou liggaam gouer ná ’n drafsessie herstel.

Dis maklik om daaraan verslaaf te raak, maar moenie dat draf ’n geswoeg word nie. Onthou dis een van die lekkerste soort oefeninge. Gebruik jou daaglikse drafsessie om jou buurt te verken deur soveel moontlik verskillende roetes te volg.

Dit is ook ’n lekker tyd vir bepeinsing, soos hoe om probleme by die werk op te los of wat jy op lang termyn wil bereik.

En stel ook doelwitte. Jy sal verbaas wees hoeveel jy kan bereik as jy jouself druk.

© Cover Media