Hulle lyk dalk netjies, maar sommige deskundiges beskou ’n baard as ’n “bakteriële spons”, moontlik vol kieme wat oorgedra word na enigiemand wat dit durf waag om te naby te kom.

Die donserigheid op ’n man se gesig is grof; dus kan dit vullis makliker vasvang en die vel moontlik vatbaarder maak vir ontsteking.

Carol Walker, konsultant-haarkundige van die Birmingham Trichology Centre, het aan MailOnline verduidelik dat die opperhuid op die ken soos dakteëls lyk, en dit vang vetterigheid vas. Dieselfde gebeur by die hare om die neusgate en die mond. Om sake te vererger kan die eienaar van die baard (of sy metgesel) geneig wees om die hare te streel, en dit beteken dat nog meer bakterieë versprei word.

'Hulle lyk dalk netjies, maar sommige deskundiges beskou ’n baard as ’n “bakteriële spons”.'

“As hulle hande boonop vuil is, dra hulle die vuiligheid van hulle hande oor aan hul gesig en mond.

“Wanneer iemand suiwelprodukte eet, kan dit in sy baard vassit en effens galsterig word.

“Daar kan ’n hele boel stafilokokki (’n groep bakterieë wat siekte kan veroorsaak) teenwoordig wees wanneer iemand verkoue het,” het Carol verduidelik.

“Sommige mense kry ’n velontsteking. Dit word veroorsaak wanneer daar baie skilfers op die vel opbou, of as die persone ekseem kry van die bakterieë in hul baard. Wanneer iemand verkoue het, kan ’n loopneus veroorsaak dat kieme in die baard en neushare vasgevang word. Druppels kos en drank kan ook so vasgevang word.”

Dr. Ron Cutler, mikrobioloog aan die Queen Mary-universiteit in Londen, stem saam met Carol se bevindings. Hy raai mans sterk aan om hul gesigshare gereeld te was en te versorg en so te verseker dat dit skoon is en nie enige sere wegsteek nie.

Die tydskrif Anaesthesia het ’n studie gepubliseer waarin gekyk word of bebaarde chirurge wat maskers dra, minder bakterieë versprei, en of die getal kieme wissel as ’n mens ’n baard het.

“Hulle het bevind dat mans met ’n baard wel ’n aansienlike klomp bakterieë huisves – baie meer as wat by vroue en kaalgeskeerde mans voorkom,” verduidelik prof. Anthony Hilton, hoof van biologiese en biomediese wetenskappe aan die Aston-universiteit.

“En by bebaarde chirurge wat maskers gedra het, het daar meer organismes van die baard af buitentoe uitgeval wanneer die baarde gewikkel het.”

Hy het ook die debat aangeraak oor hoe lank die baard moet wees voor die eienaar iets soos ’n hareband behoort te dra om dit te bedek. Hy glo werkplekke behoort meer riglyne in hierdie verband in te stel.

© Cover Media