Dit lyk asof daar wel waarheid steek in die ouvroustorie: sekere liedjies maak jou lus vir kafoefel bloot omdat hulle die band wat jy met jou maat het, opkikker.

’n Studie wat neurowetenskaplike dr. Daniel J. Levitin vir Sonos, die vervaardigers van slim luidsprekers, gemaak het, het tot die gevolgtrekking gekom dat musiek ons help om liggaamlik en emosioneel nader aan daardie spesiale persoon te voel – en dit lei tot ’n meer bedrywige liefdeslewe.

Lees ook: Wen ’n romantiese digbundel

Tydens die ondersoek – getitel Music Makes it Home, is 30,000 musiekliefhebbers van oor die hele wêreld uitgevra oor die manier waarop die deuntjies hul lewens beïnvloed.

Onder dié wat aan die opname deelgeneem het, het die moontlikheid bestaan dat paartjies 67 persent meer seks beoefen wanneer daar musiek gespeel is. ’n Indrukwekkende 86 persent van die deelnemers het aangedui dat die regte deuntjies hul stemming verbeter het.

Die huise van 30 gesinne is daarna dopgehou, ten einde te sien hoe gedrag verander wanneer sekere soorte musiek gespeel word.

Deelnemers is in die eerste week nie toegelaat om na harde musiek te luister nie, terwyl hulle in die tweede week na hartelus die musiek so hard kon draai soos wat hulle wou, wanneer hulle wou.

Die studie het getoon dat mense oor die algemeen baie gelukkiger was wanneer hulle die musiek waarvan hulle hou, met ander mense kon deel.

Lees ook: Eksklusief: Martin Bester bekoor in nuwe musiekvideo

Daar is 15 persent meer laggery aangeteken, 16 persent se luim het verbeter en 25 persent het meer geïnspireerd gevoel.

Musiek wat in die huis gespeel is, het dit daartoe gelei dat mense meer tyd saam deurgebring het – gemiddeld drie uur en dertien minute meer per week.

Ouers wat deel was van die eksperiment, het gevind dat hulle moontlik 37 persent meer alleentyd in die slaapkamer deurgebring het as daar musiek aangeskakel was.

Hierbenewens was dit in 33 persent van die gevalle meer waarskynlik dat ouers saam sou aandete voorberei en 12 persent het nader aan mekaar gekom.

"Dit is waar dat mense wel ’n huis mag deel, maar nie veel meer nie,” het dr. Levitin in ’n video verduidelik wat deur Sonos uitgereik is. “Roosters, stres en persoonlike apparate veroorsaak dat mense uit verband voel met mekaar.”

Die moontlikheid was ook groter dat die woorde ‘Ek het jou lief’ geuiter sou word in huishoudings waar musiek hard gespeel word sodat almal dit kan geniet.

Laat dus jou geliefkoosde liefdesliedjies gereeld so hard as moontlik blêr en geniet ’n bietjie gehaltetyd saam met daardie spesiale persoon in jou lewe!

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com

Gys de Villiers ontsenu in nuwe rillerprent

Suzelle se Valentynsplanne loop liederlik skeef!

Martin Bester bekoor in nuwe musiekvideo

Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo