????????

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Minnesota in die VSA het meer as 72 000 vroue, waarvan 3 300 op ’n ryper ouderdom swanger geraak het, dopgehou om hul nuwe navorsingstuk saam te stel.

Die navorsing is vir 12 jaar in die later stadium van hul lewe voortgesit.

Dit het deel gevorm van die US Women’s Health Initiative Study.

Lees ook: Sojaryke kos bevorder dalk vrugbaarheid

Hulle het bevind by die vroue wat ná 40 die lewe geskenk het, bestaan die moontlikheid dat 70 persent van hulle later in hul lewe aan ’n kardiovaskulêre siekte sal sterf.

Ook is bevind die moontlikheid is twee keer groter dat hulle beroerte sou kry weens bloeding op die brein, en die moontlikheid van ’n hartaanval was ’n vyfde hoër.

Boonop het hul risiko vir ’n iskemiese beroerte (deur ’n bloedklont veroorsaak) met ’n ysingwekkende 60 persent gestyg.

Die resultate is Woensdag 17 Februarie 2016 by die vergadering in Los Angeles van die Amerikaanse Beroertevereniging voorgelê.

Lees ook: Swanger vroue moet kos met baie vitamien D eet om baba se risiko vir allergieë te verlaag

“Ons was reeds daarvan bewus dat ouer vroue meer geneig is om gesondheidsprobleme in hul swangerskap te ondervind as jongeres,” het prof. Adnan Qureshi, hoofnavorser en direkteur van die Zeenat Qureshi-beroerte-instituut in Minnesota, by die vergadering opgemerk.

“Nou weet ons die gevolge van daardie later swangerskap strek jare in die toekoms in. Vroue wat op ’n gevorderde ouderdom swanger raak, behoort bewus te wees van hul groter risiko en hulle behoort stappe te doen om hul kardiovaskulêre gesondheid te verbeter.

“Hul dokters behoort ook jare later nog op hul hoede te wees deur hierdie vroue se risikofaktore deur middel van fisieke ondersoeke te monitor en miskien verdere toetse en vroeër ingryping om beroerte en ander voorvalle te voorkom wat met die kardiovaskulêre stelsel verband hou.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Week oue baba oorleef op stortingsterrein

‘Vrugte-algebra’ laat internetgebruikers omtrent kopkrap

Minister van geluk streef na glimlagte

Babadolfyn dood ná skare selfies by hom neem

Jennifer Garner ‘wil kinders gelukkig hou’ ná skeiding