Navorsing oor eetgewoontes in byna 190 lande wys dis die geval, al is daar vandag die meeste vrugte, groente en gesonde keuses tot dusver beskikbaar.

Internasionale navorsers het meer as 320 selfaangemelde dieetoorsigte van 1990 tot 2010 gefynkam en opgelet hoe dikwels mense gesê het dat hulle 17 gewone kosse, insluitend gesonde opsies soos vrugte, groente en vis, en ongesonder alternatiewe keuses, soos sout, verwerkte vleis en suikerdrankies, ingekry het.

Deskundiges het bevind hoewel mense meer gesonde kos eet, onder meer heelgraan en vis val, daar ’n selfs groter sprong na die hoeveelheid gemorskos is wat hulle eet. Die Bill & Melinda Gates-stigting en die Britse Mediese Navorsingsraad het vir die navorsing betaal. Die bevindings is Donderdag aanlyn geplaas in die tydskrif Lancet Global Health. Dit het deel van ’n reeks oor vetsug gevorm.

’n Paar bevindings van die navorsing:

  • Ouer volwassenes het beter geëet as jonger volwassenes en vroue het gesonder geëet as mans.
  • Van die grootste verbeterings rakende voeding is opgemerk in Mongolië en Latyns-Amerika, asook op die Karibiese eilande. Lande wat hulle gewoontes ten opsigte van gemorskos moet inperk, was Bosnië, Armenië en die Dominikaanse Republiek.
  • Die VSA het ’n gemengde prentjie getoon: Daar was ’n verhoogde inname van gesonde sowel as ongesonde kos.

Dr. Dariush Mozaffarian van die Friedman-voedingskool aan die Tufts-universiteit, het gesê: “Daar lê nog ’n lang pad voor.” Hy het ook opgemerk hoewel Westerlinge die meeste gemorskos eet, China en Indië besig is om hulle in te haal en daardie regerings sal moet optree.

“Ons kan dit nie maar net so los nie,” het hy voortgegaan.

  • Navorsers het bevind dat daar die afgelope 20 jaar geen verbetering in sommige lande in Afrika en Asië was nie.