’n Ondersoek van 300 dokters het getoon dat een uit elke vyf pasiënte na hul huisdokter gaan met simptome soos moegheid, wat veroorsaak kan word deur nie genoeg vloeistof in te kry nie.
Die gebruik van ’n filtreerbeker kan die smaak verbeter en ook geringe onsuiwerhede verwyder...

Net 4 persent van hierdie dokters het gesê hulle meen dat pasiënte wel weet hoeveel water hulle elke dag behoort te drink.

Die navorsing is gedoen deur die Natural Hydration Council, wat gebotteldewater-firmas verteenwoordig.

“Daar kom baie mense na my spreekkamer toe wat kla dat hulle gedurig moeg voel. Daar is natuurlik talle moontlike oorsake hiervoor, maar ’n verbasend algemene oorsaak is ontwatering,” het die algemene praktisyn dr. Roger Henderson gesê. Hy is ’n adviseur by die NHC.

“Baie van my pasiënte drink nie elke dag genoeg vloeistowwe nie en dit is eers wanneer hulle dors word dat dink hulle is moontlik ontwater. Ander simptome van ontwatering, soos uitputting en moegheid, hoofpyn en swak konsentrasievermoë, kom egter reeds vroeër na vore.”

Volgens die NHS behoort volwasse vroue 1,6 L vloeistowwe per dag in te kry, terwyl die hoeveelheid vir mans 2 L is. Dis gelykstaande aan agt en 10 glase. Hoewel water die beste manier is om gehidrateer te bly kan hierdie aanbeveling vir daaglikse inname ook tee, koffie en vrugtesap insluit.

Ander voordele van genoeg water is: dit help jou vel vlekkeloos hou en dit help met gewigsverlies, aangesien dit die gifstowwe uit jou liggaam kan spoel.

“Wanneer mense begin seker maak dat hulle ten volle gehidrateer bly, is hulle dikwels verbaas oor hoeveel beter hulle liggaamlik, sowel as geestelik, voel. ” het Roger bygevoeg. “Dit is dus noodsaaklik dat genoeg drinkwater deel word van jou daaglikse roetine. ”

As jy dink dis vervelig om heeldag skoon water te drink, probeer dit ’n bietjie opkikker deur stukkies komkommer of vrugte, soos suurlemoen en lemmetjie, by te voeg om dit meer verfrissend te maak.

As jy lus het vir iets met ’n bietjie meer borrel, hoekom nie belê in ’n SodaStream nie, dan het jy vonkelwater uit die kraan. Die gebruik van ’n filtreerbeker kan die smaak verbeter en ook geringe onsuiwerhede verwyder, terwyl die verkoeling van kraanwater in die koelkas die smaak verbeter en die koste van gebottelde water sal uitskakel.

© Cover Media