Al is dit net omdat vetsugtige mans in ’n stadium op al wat ’n mediese werklikheidsprogram gewys is wat met ’n gesigmasker slaap.

[caption id="attachment_87065" align="aligncenter" width="600"]Slaapapnee is ernstiger as wat ’n mens dalk dink. Foto: Flickr_Philips Design Slaapapnee is ernstiger as wat ’n mens dalk dink. Foto: Flickr_Philips Design[/caption]

Dié masker is deel van die deurlopendepositiewe-lugdrukmasjien waarmee die toestand behandel word. En slaapapnee is ernstiger as wat ’n mens dalk dink. Dit maak dat mense in hul slaap sekondes lank op ’n slag ophou asemhaal; daarom kry hulle nooit regtig genoeg rus nie. Boonop word beweer ’n nuwe kategorie van mense kan dalk lyers wees.

Volgens navorsing in Swede kan die helfte van diegene wat geraak word, gesonde vroue tussen 20 en 70 wees. In September het ’n ondersoek aan die UCLA Verplegingskool daarop gedui dat die toestand meer skadelik is vir vroue as mans. Wat moet jy van obstruktiewe slaapapnee weet?

Eerstens, snork is nie ’n voorvereiste nie. Kathleen Bennett, ’n voorste kenner oor die toestand, het aan shape.com gesê ’n smal nek, klein mond, groot tong en teruggesette kaak kan alles ’n rol speel in obstruktiewe slaapapnee. Dis omdat dit alles dui op ’n smal lugweg wat maklik versper kan raak terwyl jy slaap.

Met die jare is vermoed moegheid is nog ’n aanduiding van die toestand en dis steeds die geval. Maar party mense bly dalk so lank ongediagnoseer dat hulle aanneem hulle is maar net nie goed met slaap nie, pleks dat hulle ’n onderliggende probleem het. Kathleen noem suikerdrange, depressie bedags en orgasmeprobleme as nog aanduidings dat jy dalk obstruktiewe slaapapnee kan hê.

Maar moenie dat dit alles jou gespanne maak nie, want daar is hulp. Die kenners stel voor jy spreek ’n dokter as jy besorg is, want die toestand kan deesdae gediagnoseer word met sensors wat ’n mens tuis dra. Hou ook ’n slaapdagboek by; teken aan hoe dikwels jy snork (vra jou maat) en hoe verfris jy soggens voel.

As jy aan die toestand ly, is daar verskillende maniere om dit te behandel, soos ’n mondstuk. Dit beteken die deurlopendepositiewe-lugdrukmasjien is nie al uitweg nie. Klein goedjies kan ook help, soos om op te hou rook, kafeïen te laat staan en jou kop te stut terwyl jy slaap.

Daar is verskillende vorms van die toestand. Sentrale slaapapnee is minder algemeen. Dis wanneer die brein nie seine na die asemhalingspiere stuur nie. En komplekse slaapapnee is ’n mengsel van die twee.

Daar is talle vername leidrade dat jy dalk ’n probleem het. As daar verposings is terwyl jy snork waartydens jy snak of verstik, kan jy ’n lyer wees.

Jy sal gewoonlik bedags moeg voel en ook dalk in enige ontspanningstyd aan die slaap raak. Jy sal waarskynlik ook soggens met ’n hoofpyn wakker word, sukkel om te konsentreer, geheueprobleme hê en prikkelbaar voel. Party mense urineer ook snags meer en het soggens ’n droë mond.

© Cover Media