‘Mansgriep’ bestaan werklik, het deskundiges ná maande se navorsing bevind.

Skeptiese vroue, wat gedwing is om hul maat se gekla aan te hoor dat hulle ernstig siek is, terwyl dit lyk asof hulle net ’n gewone verkoue het, het lankal dié konsep verwerp.

Maar ’n span van die Johns Hopkins-universiteit het nou bevind die feit dat vroue die geslagshormoon estrogeen in hul liggaam het, beteken dat hulle simptome beter die hoof kan bied as mans wanneer hulle deur die influensa A-virus – in die omgang bekend as griep – getref word.

Lees ook:  Moet hare waai? SA bekendes sê of hulle dink lyfhare aan mans moet bly of gly

Dié hormoon het ’n antivirale uitwerking by vroue en dit beskerm hulle teen die meer aggressiewe simptome van die virus. Die afwesigheid van estrogeen by mans beteken die siekte tref hulle erger.

“Ons sien kliniese potensiaal in die bevinding dat terapeutiese estrogeen wat gebruik word om onvrugbaarheid en menopouse te behandel, ook beskerming teen griep kan bied,” het dr. Sabra Klein, die hoofskrywer van die studiestuk, verduidelik.

Die span het ten einde hul navorsing te voltooi, gekyk na hoe die virus die liggaam tref – deur sekere selle binne te dring en hulself dan te kopieer. As die virus eers vry is van die gasheersel, kan dit vinnig deur die hele liggaam, sowel as tussen mense, versprei.

Navorsers het die manier bestudeer waarop die hormoon estrogeen die griep se vermoë beïnvloed om die besmette selle te dupliseer deur selle uit die neus – die virus se eerste trefplek – te versamel.

Hulle het manlike én vroulike skenkers gebruik en toe die selle blootgestel aan die virus self, sowel as aan estrogeen, Bisfenol A, estrogeen in die omgewing en uitgesoekte estrogeen-reseptormudules (SERM) – wat dikwels by hormoonterapie gebruik word.

Lees ook: Deurbraak vir rugpyn-lyers

Dit is toe dat hulle ontdek het die estrogeen, SERM-mengsel Raloxifeen en Bisfenol A het die duplisering van die griepvirus in die selle voorkom wat uit die vroue se neus kom, maar nie die mans s’n nie.

Die resultate is in die Amerikaanse Journal of Physiology – Lung Cellular and Molecular Physiology gepubliseer.

© Cover Media