Van spog met kankerbestrydende karotenoïede (organiese pigmente) tot propvol hartgesonde mono-onversadigde vetsure, is die avokado werklikwaar ’n stapelvoedsel in die dieet.

Onlangse navorsing het dit verder bewys toe wetenskaplikes van die Hass-avokadoraad in Kalifornië ontdek het groen avokado’s kan gewigsverlies aanhelp.

Emiliano Escobedo, uitvoerende direkteur van die raad, sê: “Hierdie studie steun die navorsingsliggaam wat die vele voordele toon wat vars avokado’s bied as hulle deel is van gesonde alledaagse eetplanne.”

Emiliano se werk, wat in die Journal of Clinical Lipidology gepubliseer is, kom tot die gevolgtrekking die verruiling van vaste vette vir avokado’s, “kan lipiedprofiele merkbaar verander”.

Lees ook: Wil jy die versoeking weerstaan? Plaas dan bederfies naby die minder dominante hand

Sy span het hul resultate gekry deur middel van 10 unieke studies oor avokado’s waarby 229 deelnemers betrokke was.

Hulle het gekyk na die uitwerking wat avokado’s gehad het op cholesterolvlakke en bevind dat een tot een en ’n halwe avokado per dag “totale cholesterol aansienlik verlaag het”.

“Vars avokado’s kan, as deel van ’n gebalanseerde dieet en as cholesterolvrye plaasvervanger vir vaste vette, help om normale cholesterolvlakke te handhaaf,” meen dr. Nikki Ford, voedingsdirekteur van die Hass-avokadoraad.

Benewens die toevoeging van avokado’s tot jou dieet, kan jy probeer om maklike plaasvervangings in die kombuis te maak en so jou daaglikse inname van vrugte en groente verhoog.

Een van die eenvoudigste maniere om ’n ekstra klompie heilsaamhede by te voeg, is om spaghetti te verruil vir groente in spiraalvorm. Byvoorbeeld: deur vleissouse by courgetti (spiraalgesnyde murgpampoentjies) te voeg, sal jy ook jou koolhidraat-inname verlaag.

Lees ook: Is wolkbrood die antwoord op jou lae-koolhidraat-gebede?

In 2015 was spiraalsnyers onontbeerlike kombuistoebehore en hul gewildheid neem nog geensins af nie.

Die Veggetti 2.0, die jongste produk van JML, omtower maklik en vinnig ’n hele reeks groentesoorte in netjiese spiraallinte.

Daar is twee verstellings; dus kan jy jou wortels, murgpampoentjies of komkommer dik of dun sny, na gelang van waar jy hulle wil gebruik: in slaaie of in warm geregte.

Die suikertande wat eenvoudig ’n bederf ná maaltye moet hê, moet probeer om vrugte by hul happies te voeg.

Ons besef almal die beste opsie is om na ’n appel te reik in plaas van ’n staaf sjokolade nader te trek, maar dit gaan nie werklik jou lus vir suiker bevredig nie.

Sny dus liewer daardie selfde appel in stukke en doop dit in natuurlike grondboontjiebotter. Goeie keuse, maar met ’n tikkie stoutigheid daarby.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

K2-tweeling se foto’s gebruik vir aanlyn leuens

Kyk: Man met vreemde stokperdjie teel insekte vir ’n lewe

28 sterf ná dodelike motorbom Turkse hoofstad ruk

Staatsamptenaar draai ses jaar lank stokkies – sonder dat iemand dit agterkom

Opgewondenheid oor nuwe kankerbehandeling