Broers en susters ding gewoonlik onder mekaar mee om ma se gunsteling te wees. Nou is daar in ’n nuwe studie bevind om ma se oogappel te wees, is dalk nie so ’n goeie idee nie.

Sowat 725 volwassenes uit 309 gesinne was deel van die voortdurende studie oor verskille binne gesinne onder leiding van prof. Jill Suitor van die Purdue-universiteit in Indiana. Jill en haar span het bevind kinders wat emosioneel gehegter aan hul ma’s is, toon meer simptome van depressie. “Dit is die gevolg van meer spanning tussen volwasse broers en susters wat emosioneel nader is aan die ma, of die groter gevoel van verantwoordelikheid wat die versorging van die ouer ma betref,” sê Megan Gilligan van die Iowa-staatsuniversiteit, wat saam navorsing gedoen het.
"Ouers maak meer op hul 'gunstelingkind' staat"

Kortom: om die witbroodjie te wees, beteken jy gaan deurloop onder jou broers en susters se geterg, en dit kan jou kans verhoog om depressief te raak.

Interessant genoeg is daar ook in die studie bevind die depressiesimptome verhoog as jy bejaarde ouers het. Dit is omdat ouers in hul 70’s en 80’s geneig is om meer op hul “gunstelingkind” staat te maak en dit kan die kind emosioneel uitput.

Die wedywering tussen broers en susters eindig nie daar nie. Sy sê die spanning kan voortduur selfs wanneer die ouers hul laat 70’s en 80’s bereik. “Dis interessant dat broers en susters nog in ’n groot mate tot in hul middeljare met mekaar wedywer.”

Die verslag is in die Journal of Gerontology: Social Sciences gepubliseer.

Bronne: telegraph.co.uk, metro.co.uk