Is jy 'n tipiese “FoMO” –lyer? Kom die gevreesde Vrees om iets Mis te Loop oor jou as jy hoor dat jou vriende iets groots beplan vir die aand en jy kan nie saamgaan nie? Jy verander dalk selfs jou planne, net om seker te maak jy loop niks mis nie. Wel, “FoMO”-prooie, luister nou mooi, want die deskundiges beweer dat mense wat geneig is om so te voel, ’n hoër risiko loop vir alkoholmisbruik.

"Hulle het impulsief opgetree en later hul optredes berou"

Wetenskaplikes van die universiteit van Otago, wat hierdie verskynsel gedefinieer het as die drang om sosiaal verbind te bly, en wat manifesteer as ’n vorm van sosiale angs, het dieper in die probleem gedelf. Hulle het bevind dat universiteitstudente met “FoMO” meer dikwels sleg voel ná ’n hoenderkop- aandjie uit, hulle dink hulle het dinge gesê wat hulle in die verleentheid kon bring of hulle het impulsief opgetree en later hul optredes berou. Die navorsingstuk, wat as een van die eerstes op hierdie gebied beskou word, het twee afsonderlike eksperimente behels waarby 432 studente betrokke was.

‘Ek vrees ander mense het meer lonende ondervindings as ek’

Hulle het psigosometriese toetse geneem, ten einde die deelnemer se “FoMO”-vlakke te meet, en elke student moes vrae oor die nagevolge van alkohol beantwoord.

In die eerste toets is die studente uitgevra oor hul alkoholinname oor die afgelope 30 dae. In die tweede toets moes hulle vrae beantwoord rakende hul daaglikse alkoholinname oor 14 dae.

Hulle moes ook kommentaar lewer oor bewerings soos ‘dit pla my as ek 'n beplande byeenkoms misloop’ en ‘ek vrees ander mense het meer lonende ondervindings as ek’.

Jayde Flett, 'n PhD-student en die medeskrywer van die studie, het bevind dat diegene wat hoë punte behaal het op die “FoMO”-skaal, twee keer soveel negtiewe alkoholverwante ondervindings oor die afgelope drie maande gehad het, vergeleke met dié aan die onderkant van die skaal.

"In albei studies het deelnemers wie se “FoMO” hoër was, meer dikwels gerapporteer dat, nadat hulle gedrink het, hulle ‘sleg gevoel het oor myself’ omdat ek ‘embarasserende dinge gesê het’ of ‘impulsiewe dinge gedoen het waaroor (ek) later spyt was’.

"Bowendien het hulle later ‘minder energie’ gehad, ‘babelaas gehad’ of ‘kon hulle niks onthou van gedeeltes van die aand nie’.”

© Cover Media