Tel jy herhaaldelik in twees of in repetisie sonder dat jy dit agterkom? Kyk jy gedurig of jou kombuistoestelle afgeskakel is? Is jou werkoppervlak buitengewoon georden en netjies? Is jou klerekas volgens kleur gerangskik en so georden dat jou klere na dieselfde kant toe wys? Was jy jou hande so gereeld dat hulle gebars en droog is van die voortdurende blootstelling aan seep? As dit bekend klink, ly jy dalk aan obsessief-kompulsiewe steuring (OKS).

OKS is ’n angssteuring wat behels dat die brein op ’n besonderse gedagte of drang vashaak en dit nie kan laat vaar nie. Mense met OKS kan aan obsessies en/of kompulsies ly. Obsessies is herhalende gedagtes of beelde wat die mens as indringend en onvanpas ervaar en angs kan toeneem. Hulle is dalk bekommerd oor besmetting en was hul hande herhaaldelik. Of hulle is behep daaroor dat hulle moontlik skade aangedoen kan word en gaan dan goed herhaaldelik na. Kompulsies is herhalende rituele (gedagtes of dade) met die doel om obsessies teen te werk en angs te verminder.

Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) weet baie mense besef nie hoe ernstig die uitwerking van OKS kan wees of waar om hulp en inligting te kry nie. Daarom sal hulle op Vrydag 19 Julie twee regstreekse gespreksessies met Suid-Afrikaanse kenners oor die onderwerp op Facebook aanbied. Kevin Bolon, ’n sielkundige en Sadag-raadslid, om 13:00 en David Rosenstein, ’n Kaapse sielkundige, om 19:00. Belangstellendes kan op die dag by die bespreking inskakel deur Sadag se Facebook-blad, The South African Depression and Anxiety Group, te besoek of direk na die webtuiste www.sadag.org te gaan.

Van die algemeenste OKS-obsessies is:

- vrees vir vuilis of kieme

- vrees vir besmetting

- ’n behoefte aan simmetrie, orde en presiesheid

- godsdienstige obsessie

- besorgdheid oor liggaamsafval

- gelukkige of ongelukkige syfers

- seksuele of aggressie gedagtes

- vrees vir siekte of skade aan jouself of jou familie

- beheptheid met huishoudelike items

- indringende klanke en woorde

Bel die hulplyn daagliks tussen 08:00 en 20:00 by 0800 20 50 26.

Bron: sadag.org