Daar is baie stories oor hoe jy nie kort voor slapenstyd moet eet nie; daarom is dit moeilik om jou nie te bekommer oor gewigstoename nie, maar daar is maniere om die hongerpyne laataand sonder die negatiewe resultate te stil.

“Daar is minder beheer oor kosbeperkings en mense maak meer staat op gesonde eetgewoontes en wilskrag – iets waarmee baie mense sukkel,” het Heather Mangieri, ’n gesertifiseerde spesialis in sportvoeding en woordvoerder vir die Voeding en Dieetkunde-akademie, aan popsugar.com gesê. “Die meeste mense sal erken dat hulle saans buite beheer eet omdat hulle dan klaar gewerk is en dit tyd is om te ontspan.” Heather sê dit maak nie saak hoe laat jy eet nie; dit is eerder wat jy eet wat tel. Sy stel eerstens voor jy raak ontslae van koolhidraatryke kosse vir jou laataand-maaltyd omdat dit jou met slapenstyd swaarder en ongemakliker kan laat voel.

Dit maak nie saak hoe laat jy eet nie; dit is eerder wat jy eet wat tel.

“As jy agtuur die aand eet en twee uur later gaan slaap, moet die ete kleiner wees en ’n kleiner hoeveelheid koolhidrate insluit,” sê sy. “Hou by ’n porsie maer proteïene en eet baie groente sodat jy steeds in jou voedingsbehoeftes voldoen sonder enige laataand-kalorie-inname.”

Probeer ’n hoenderslaai met geroosterde soetrissies of ’n bak hartlike sop – eintlik enigiets wat vinnig en maklik is om te maak. Al is dit hoe aanloklik om net te peusel wanneer jy moeg is en nie wil kook nie, moet jy nie ’n ete oorslaan nie. En as jy onlangs baie geoefen het, kan ’n laataand-ete jou eintlik meer kalorieë help verbrand omdat jou metabolisme vinnig werk.

“As jy met ’n grommende maag gaan slaap, kan jy sukkel om aan die slaap te raak, of erger, dit kan die versoeking bring om iets in die middel van die nag te eet as die hongerpyne jou slaap ontwrig,” sê Heather.

© Cover Media