Die Amerikaner dr. Abrar Qureshi, hoof van dermatologie aan die Brown-universiteit en dermatoloog by die Rhode Island-hospitaal in Providence, het data ontleed waarby 63 000 vroue en 41 000 mans oor ’n tydperk van langer as 20 jaar betrokke was. Al die deelnemers het besonderhede aangaande hul dieet aangeteken.

By dié wat tussen twee en vier keer per week sitrusvrugte geëet het, was daar ’n tien persent hoër risiko op ’n dodelike vorm van velkanker. Dit is in teenstelling met mense wat net elke twee weke sitrusvrugte geëet het. Trouens, hoe meer dikwels die vrugte geëet is, hoe hoër het die risiko gestyg.

Dit het aan die lig gekom dat pomelo’s waarskynlik die grootste sondaar is, hoewel die dokter haastig daarop gewys het dat daar nog baie meer navorsing gedoen moet word voor finale gevolgtrekkings moontlik is.

In die geheel is bevind ’n glas lemoensap per dag kan die risiko met 25 persent verhoog, terwyl ’n hele pomelo drie keer per week die risiko tot 41 persent laat verhoog. Die studie is uitvoerig in die Journal of Clinical Oncology gepubliseer.

© Cover Media