Net soos wat ’n mens weet dat vrugte gesonder is as soetgoed, net so goed weet jy dat te veel vrugte jou dieet kan kelder omdat dit volop suiker bevat.

Daar is egter vrugtesoorte wat jou in der waarheid kan help om gewig af te skud. Dis goeie nuus vir diegene wat op dieet is en vir aanhangers van fiksheid. Kom ons kyk na sommige van die vrugte wat Fitness Republic beskou as die beste keuses.

Avokado’s Die avokado, wat hom as groente voordoen en oral ter wêreld in soutgeregte opduik, is in werklikheid ’n vrug. Die groen vleis van hierdie gewilde slaaibestanddeel help om die metabolisme aan te wakker en dit verhoog testosteroon, die hormoon wat mans én vroue help met gewigsverlies.

Daar is egter vrugtesoorte wat jou in der waarheid kan help om gewig af te skud.

Appels en pere

Die nederige appel en peer is albei uitstekende hulpmiddels wanneer jy gewig wil afskud. Appels is ryk aan vesel; dus sal hulle jou help om langer versadig te voel, en hulle versnel jou ook nog ’n mens se metabolisme. Pere is ook tjokvol vesel; dus kan jy gerus maar aan hulle ook weglê. Hou egter in gedagte dat die vesel in die skil sit; los daarom die skiller in die laai.

Bloubessies

Bloubessies word aangeprys as superkos; dus is hulle steeds hoog in die mode. Die klein, blou vruggies is barstens vol antioksidante wat die liggaam help om van toksiene ontslae te raak. Toksiene kan lei tot ’n verhoging in gewig; dus is ’n dieet wat ryk is aan antioksidante noodsaaklik as jy ’n skraal figuur wil behou. Voeg dit soggens by graankos of by jogurt vir jou daaglikse regmaker.

Droëvrugte

Droëvrugte kan, net soos vars vrugte, ’n doeltreffende dieetaanvulling wees om die vetjies weg te hou. Dit is nuttig om oortollige vet te verbrand en cholesterol te verlaag, en so help dit jou om jou gewig op ’n gesonde manier in toom te hou. Hou bedags ’n sak vol droëvrugte byderhand, maar moet dit nie oordoen nie.

Suurlemoene

Die sitrus-heilsaamheid van ’n suurlemoen is een van die beste maniere om die lewer te ontgif. Brou vroegoggend ’n beker warm suurlemoenwater en begin die dag op ’n gesonde noot. Dié drankie sal help verhoed dat vet ophoop en dit sal jou ook hidrateer vir die dag wat voorlê.

© Cover Media