Baie van ons ignoreer ons geblokte neus, kloppende hoofpyn en verandering van liggaamshitte en sleep onsself kantoor toe. Dit is egter die manier waarop jou liggaam jou aanraai om liewer in die bed te bly.

Wetenskaplikes glo nou dat mense se ‘selfsug-gene' ten dele verantwoordelik is vir hierdie simptome – en nie net die kieme en virusse wat deel uitmaak van verkoues en griep nie.

Lees ook: Hier’s alles wat jy moet weet van ongeskiktheidsversekering

Aangesien die newe-effekte so droewig is, behoort lyers in afsondering te bly, want dit sal verhoed dat die siekte na ander mense toe versprei. In genetiese terme is die simptome dus ontwerp om die risiko van infeksie by meer mense te verlaag.

"Hierdie gedrag kan as oordrewe altruïsties beskou word uit die oogpunt van die individu,” sê dr. Ken Shakar van die Departement Sielkunde by die College of Management Academic Studies, “maar uit die perspektief van die geen word die kanse om aan te steek, verhoog.”

Deesdae is mense egter dikwels geneig om maar deur te druk en dit veroorsaak dat die siekte versprei word.

Volgens dr. Guy Shakhar, van die Immunologie-departement van die Weizmann-Instituut, en dr. Keren Shakhar, is dit ’n evolusie-aanpassing om siek te voel.

Besonderhede wat in die tydskrif PLoS Biology gepubliseer is, sluit ’n algemene lys van simptome in wat hierdie idee staaf, soos byvoorbeeld dat die verlies van eetlus verhoed dat siekte na kos en water versprei.

Lees ook: Loopbaansukses reeds by geboorte bepaalbaar

Mense is nie die enigste spesie wat die afsondering opsoek wanneer hulle olik voel nie; diere doen dieselfde, wat aandui dat hierdie soort gedrag al duisende jare lank oorgedra is. Dit kan teenproduktief voorkom, aangesien siekte die kanse op oorlewing en voortplanting affekteer, maar in werklikheid beskerm dit die geen.

"Ons weet afsondering is die doeltreffendste manier om te keer dat oordraagbare siektes versprei,” voeg dr. Guy Shaddar by. “Die probleem is dat baie mense vandag, byvoorbeeld met griep, nie besef hoe dodelik dit kan wees nie. Hulle tree dan teen hul natuurlike instink op, neem ’n pil om die koors te verlaag en gaan werk toe, waar die kanse om ander mense aan te steek, aansienlik hoër is."

Laat gerus die selfsug-gene toe om oor te neem die volgende keer wanneer jy natgesweet en met ’n kloppende hoofpyn wakker word.

"As jy siek voel, is dit ’n teken dat jy moet tuisbly. Miljoene jare se ewolusie is nie verkeerd nie,” het die wetenskaplikes beklemtoon.

© Cover Media