Dit begin met ’n gesnuif en ’n genies en kort voor lank is ons pens en pootjies in die bed met ’n kloppende hoofpyn en aaklige lyfseer. In die kloue van die koue winter het ons ’n groter kans om deur ’n nare verkoue- of giepvirus platgetrek te word.

Met hierdie eenvoudige wenke kan jy die virus ontwyk terwyl dit sy volgende slagoffer beetkry.

* Gooi al jou gebruikte snesies so gou moontlik weg. Hulle word besmet sodra jy hulle gebruik. Gebruik eerder gereeld nuwes en keer dat kieme versprei.

* Was gereeld jou hande om te keer dat jy kieme kry van voorwerpe wat ander mense besmet het.

* Moenie aan voorwerpe in openbare plekke raak nie, veral nie die kante van ’n roltrap of die reling in ’n hyser nie.

* Vermy langdurige kontak met siek mense.

* Raai jou kind af om kos te deel met hul klasmaats.

* Vat ’n blaaskans. Bly by die huis as jy tyd nodig het om beter te word. Die tyd af sorg dat jy gouer gesond word en voorkom dat verkoue en griep versprei. 

Met hierdie wenke kan jy die mislike wintervirusse en lang toue by die dokter se spreekkamer vryspring en die rekeninge wat daarmee saamgaan. Maak dié koue seisoen die komberse bymekaar en glimlag terwyl jy die warmsjokolade, laat aande op die rusbank en winterwarmte saam met jou gesin geniet.

Deur Faiza Mallick

Bron: health24.com