“Dit is byna traumaties – ek voel werklik jammer vir vroue wat gedwing word om dit te doen.”

’n Video wat ’n kelnerin se voete toon nadat sy met hoëhakskoene aan gewerk het, is deur duisende gesien en het wydverspreide misnoeë ontketen. Die grafiese foto, wat haar bebloede voete wys, het ook ’n debat aan die gang gesit oor die “seksistiese, argaïese” reëls ten opsigte van kleredrag wat sommige maatskappye vereis. Nou het die Britse tydskrif Stylish ’n video uitgereik waarin vier mans uitgedaag word om ’n dag lank in hoëhakskoene te werk. “In Brittanje is dit steeds wettig om vroue te dwing om hoëhakskoene werk toe te dra, dus het ons die mans in ons kantoor gevra om dit ook te doen,” het die tydskrif op Facebook geskryf.

Dit is skreeusnaaks, maar die eindresultaat wys ook waarom hoëhakskoene nie verpligtend behoort te wees vir werk nie. Lees ook: Foto van ’n pa wat sy siek seun troos word herhaaldelik van Facebook verwyder “Dit is snaaks, maar ek is geskok oor die feit dat vroue gedwing kan word om dit te dra. Ek het dit nooit geweet nie. Dit is skreeusnaaks. Ek sou werkloos gewees het." Inderwaarheid sou ek nie vir enigiemand wou werk wat my sou dwing om enigiets te dra nie,” was Suzanne Doheny se kommentaar op die plasing wat intussen meer as 13 miljoen keer besigtig is en waarop daar 117 000 keer gereageer is.

“Stywe klop op die ouens se rug wat mans genoeg was om die hoëhakskoene te beproef,” was Lisa Lamazares se kommentaar. “Genade, ek is ’n vrou en dra nooit hoëhakskoene nie – kan nie daarmee wegkom nie. Dus, knap gedaan; julle lyk pragtig!”

Kyk hier na die video:

Lees ook op Huisgenoot.com:

Nóg ’n terugslag tref Bill Cosby tydens sy seksverhoor

5 van die koelste eksperimente wat tans op die Internasionale Ruimtestasie uitgevoer word

Kamera, ligte en aksie! Ons HG-fliek is in wording

Skoknuus in ondersoek na gedoemde EgyptAir-vlug bekend gemaak

O koek! Die ‘reëndruppelkoek’ met sy byna geen kilojoules neem die internet op horings