Volgende keer dat jy lus voel om vir die hoeveelste keer die dag jou hand in die koekieblik te druk, verbeel jou jou vel smelt af van die hand wat die blik vashou en ontbindende vlees is onder die vel sigbaar.

[caption id="attachment_121912" align="alignnone" width="600"]efsf Die Diabetesvereniging van Thailand het die veldtog geloods waarmee hulle die komplikasies wou beklemtoon wat met tipe 2-diabetes verband hou. Foto's: IMGUR[/caption]

Dit klink nie juis aptytwekkend nie, of hoe? Dit is die punt wat adverteerders probeer maak in ’n grafiese nuwe veldtog wat daarop gemik is om bewustheid op te skerp van die gevare van te veel suiker.

Die Diabetesvereniging van Thailand het die beelde aangevra. Hulle wou die komplikasies beklemtoon wat met tipe 2-diabetes verband hou, soos skade aan die senuwees en swak bloedsomloop. Op hul beurt kan dit tot swere, ontsteking en selfs amputasie lei as dit nie behandel word nie. Dis omdat die liggaam stadiger genees as wanneer dit gesond is en nie ontstekings so maklik kan bespeur nie.

Lees ook: Sal suikerbelasting Suid-Afrikaners die vet laat afskud?

Die ontwerper Nattakong Jaengsem van Thailand is verantwoordelik vir die ontstellende beelde met die gepaste titel Sweet Kills. Dit beeld wonde uit waaruit karamel sypel en sere waaruit sjokolade en soet souse loop.

En dié verband is nie ’n oordrywing nie, sê dr. Zane Stevens, ’n Kaapse endokrinoloog. Diabetes kan regtig tot sulke ernstige komplikasies lei.

“Dit is waar dat diabetes sowel senuwees as bloedtoevoer kan beïnvloed,” sê hy.

Hy verduidelik dokters verdeel die komplikasies weens diabetes in twee groepe. Die eerste, mikrovaskulêre komplikasies, sluit probleme in soos neuropatie, wat met skade aan die senuwees verband hou. Dit kan ’n dooie gevoel en sensasies soos prikkeling en tinteling veroorsaak. Mikrovaskulêre komplikasies sluit ook in probleme met die lewer en skade aan die oë se retina. Lees ook: Gestresde pa’s ‘dra risiko vir diabetes oor aan nasate’ “Die neuropatie begin gewoonlik as sensasies in die voete,” sê hy. Die tweede groep staan bekend as makrovaskulêre komplikasies en sluit in hartsiekte, beroerte en periferale vaskulêre siekte, ’n bloedsomloop-afwyking wat bloedvate buite die hart en brein aantas. “Hierdie komplikasies, tesame met swak bloedsomloop, beteken pasiënte is geneig tot beserings wat hulle nie behoorlik voel nie en wat swak genees.”

Sweet Kills ads by Nattakong Jaengsem

– Mieke Vlok

Bronne: metro.co.uk, imgur.com

Ook op Huisgenoot.com:

Vind so uit of jou hond dalk aan spanning ly

Kettingbotsing in China laat hoofweg soos ’n skrootwerf-nagmerrie lyk

Kyk: Troufotograaf vang roerend ouers se ‘belangrikste oomblik’ vas toe hy hul sterwende baba afneem

Eksklusief: Ontmoet Koekedoor 2 se tien nuwe deelnemers

Is dié een van die wreedste of oorspronklikste poetse ooit?