Dit het begin as ’n tendens van papierdun vroue om hul klein middeltjies ten toon te stel, maar dit is baie gou aan flarde geskeur.

A photo posted by Busint.erp (@busint.erp_) on

A photo posted by PPZ (@ppzlingerie) on
Die uitdaging, wat virusafmetings aangeneem het in sosiale media in China, het baie Chinese vroue vertoon wat met hul papierdun figuurtjies geposeer het, met A4-velle papier vertikaal voor hul middeltjies geplaas, om te bewys hoe maer hulle is. Twitter- en Instagram-gebruikers wou egter niks daarvan weet nie.

A photo posted by Jared Lee (@jaredle3) on

A photo posted by Valentina (@valentinavarror) on

Volgens Independent Online is daar op 22 Maart 2016 meer as 100 000 keer kommentaar gelewer op die hashtag #A4Waist op die Weibo-sosiale netwerk waar vroue òf hul papierdun figuurtjies trots vertoon het òf met die hashtag die spot gedryf het. Sommige mense het die “fiksheidsuitdaging” geesdriftig aanvaar, terwyl baie van die gebruikers hul kommer oor die uitdaging gedeel het. ’n Instagram-gebruiker wat ’n haastig gekrabbelde stukkie papier geplaas het, se kommentaar lui: “#a4waist –more like #a4waste #nomorebodyshaming.”

A photo posted by Samantha Bradley (@samansell4) on

’n Ander vrou het ’n kiekie geplaas met die volgende kommentaar daarby: O gits, ek kry aanmekaar stukke papier waaragter ek my lyf kan verbloem. Hier is ’n ou stuk papier wat agter in my kas weggekruip het: #a4waist #collegediploma”.

A photo posted by Julia Sherman (@juliaksherman) on

’n Twitter-gebruiker, @5SOSHotel, het gedeel oor hoe ontstellend die uitdaging is: “Ek is baie bekommerd oor die #A4WaistChallenge … Moenie toelaat dat hierdie neigings jou laat sleg voel oor jouself nie. Jy is in elk geval pragtig.”

Volgens Independent Online het Xiao Meili, ’n vroueregte-aktivis in China, die skoonheidsgril as “uiters vervelig” bestempel.

“Hierdie soort kompetisies het gewild geraak as gevolg van ’n gebrek aan kennis oor geslagskwessies in China en ook omdat standaarde rakende skoonheid baie, baie eenvormig is.”

“Almal is vreeslik bygelowig en hulle praat van die beste hoek wat wangbene moet vorm, hoe hoog ’n neus behoort te wees, of hoeveel sentimeter daar tussen ’n mense se oë moet wees,” het sy opgemerk.

Lees ook: Hier’s hoe jy meer yster by jou dieet kan voeg

“Mense dink skoonheid kan gemeet word,” het sy aan ShanghaiDaily.com vertel.

Daar is baie veldtogte in Suid-Afrika wat liggaamsbeskaming beveg deur liggaamsdiversiteit voor te staan, soos byvoorbeeld die #JetLoveYourself-veldtog.

Dit is ongelukkig nie die eerste keer wat hierdie soort uitdaging die ronde doen nie.

Vroue het al muntstukke in die holtes van hul sleutelbene opstapel om te wys hoe maer hulle is.

Lees ook: Oefening douvoordag hou jou viets

’n Ander neiging wat Instagram-gebruikers al op hol gejaag het, was die sogenaamde #KylieJennerChallenge waar tieners hul lippe in sopieglasies en ander voorwerpe geplaas het en gesuig het so hard as wat hulle kan, ten einde ’n vakuumuitwerking te kry sodat hulle sal swel tot die grootte van die werklikheidster se kosmeties vergrote afmetings.

Een ding staan soos ’n paal bo water: die woord “papierdun” het nog nooit tevore meer sin gemaak as in die geval van #a4waistchallenge nie.

Bronne: Independent Online, ShenghaiDaily.com, fox59.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Pedro Kruger: ‘Jongmense hoef nie dieselfde foute as ek te maak nie’

Michael Jackson se ‘finansiële roekeloosheid’ kom sy kinders duur te staan

Eers Boston, toe Parys, nou Brussel: Man oorleef glo al drie aanvalle

Diana se dood 20 jaar gelede met nuwe gedenktuin gevier

Hou Potch dalk wel ’n kunstefees in Oktober?