Wil jy hierdie Desember-vakansie jou lewe regruk en eindelik daai ongewenste kilo’s afskud? Dr Owen Wiese van Die eet oorlog op VIA (DStv-kanaal 147) vertel hoe jy dié somer jou lewe handomkeer kan verander.

Die einde van 2016 kruip vinnig nader, en soos die jaar uitdun, is niemand meer lus vir drama nie.

Maar vir baie mense is dit ook die besigste tyd van die jaar om alles af te handel voor die vakansie begin. Dit is ook die tyd van die jaar waar niemand regtig meer omgee oor gesond wees nie. Gesond eet en oefening moet baie keer oorstaan tot volgende jaar. Waak egter hierteen!

Dit is moeilik om ontslae te raak van die oortollige kilogramme in die nuwe jaar!

Wanneer die vakansie aanbreek kan jy steeds gesond leef. Probeer soveel moontlik groente en vrugte in jou dieet inwerk. Eet uit as jy wil, maar probeer die gesonder opsie, en vervang vetterige en suikerryke kos met vars produkte. Maak seker daar is bakke vars vrugte beskikbaar vir die jongspan.

Met die lieflike warm weer, is dehidrasie en vogverliese ’n groot probleem. Drink soveel water as wat jy kan en hou matigheid in gedagte as dit by alkohol kom.

Onthou ook om steeds aktief te bly. Gaan stap op die strand of in ’n park. Maak oefening lekker! Gee jou liggaam en siel ’n verdiende ruskans.

Vandag is die dag wat jy jou kopspasie moet regkry.

Volg die volgende vyf praktiese stappe om jou hiermee te help:

  1. Skryf ’n realistiese doelwit neer en plak dit waar jy dit elke dag kan sien - grafitti jou huis se mure as dit is wat dit gaan kos.
  2. As jy jouself wil straf, skryf in vir ’n wiskunde kursus. Dit is belaglik om jou eie vyand te wil wees.
  3. Gun jouself tyd om gewoond te raak aan nuwe dinge. As jy moed opgee na dag een, was jou motivering heel waarskynlik nie vir die regte redes in die eerste plek nie.
  4. Om jouself te meet aan die suksesse van ander mense is nooit ’n goeie idee nie.
  5. Omring jouself deur vet mense as dit jou gaan laat beter voel, maar dit gaan net vir ’n tydjie werk. Die mense naaste aan jou, en wat jy vertrou, is die wat jou uiteindelik gaan deurtrek.

Maar meer belangrik: onthou jy is mens. Geniet jou lewe op ’n verantwoordelike manier. En hou op om jouself te straf oor jou gewig.

Niemand hou van ’n mislukte vriend of vriendin nie - moenie daardie een mens wees wat die minste van jouself hou nie.

20160914pm-46

Het jy ’n vraag vir dr Owen? Klik hier om met hom te gesels!

die-eet-oorlog

  • Nuwe episodes van Die Eet Oorlog word weeksdae om 17:00 uitgesaai met ’n omnibus op Saterdae van 14:30 tot 17:00 en Sondae van 12:00 tot 14:30.