Jy dink dalk dis normaal om alewig onenergiek te voel, te sukkel om aan die slaap te raak of in kantoortyd te wens jy was elders, maar dit is nie lekker om so te leef nie. Jy gaan natuurlik nie altyd gaande wees oor jou werk nie en soms deur die dag vaak voel, maar dit behoort die uitsondering te wees. Ons kyk hier na ’n paar dinge wat jou meer tevrede kan help voel.
Om geld op ’n deftige ete saam met vriende uit te gee of op ’n naweekwegbreek sal die ding doen, want die ondervinding word langer uitgerek.

Kyk ’n bietjie na jou dieet

As jy nie lekker voel nie, is dit maklik om te reken iets soets sal jou bui verbeter – bring die koek en sjokolade nader! Jy voel dalk ook ’n glas wyn (of selfs twee) saans sal jou help ontspan. Dit is die swakste besluite wat jy kan neem, want suiker verhoog sou energievlak skielik (waarna dit weer val) en alkohol versteur jou slaappatroon. Eet liewer elke dan en wan iets kleins (kies iets wat voedsaam is soos vrugte, groente en neuter), rond dit af met water sodat jy nie ontwater nie en bly weg van kafeïen.

Oefening

As jy moeg en geïrriteerd voel, is dit beslis die laaste ding waaraan jy dink. Maar om jou liggaam aan die beweeg te kry is een van die beste dinge wat jy kan doen as jy terneergedruk voel aangesien jy ’n opwelling van goedvoel-endorfiene gaan kry. Selfs net ’n klein bietjie oefening sal al help. As jy dus nie kans sien vir ’n volle sessie in die gimnasium nie, probeer ’n DVD in die hande kry en oefen tuis. Daar is ’n hele aantal supervinnige oefensessies op hierdie manier beskikbaar en jy kan tog sekerlik ’n paar minute opsysit vir jou welstand!

Dink aan hoe jy geld uitgee

Geld is dikwels die wortel van mense se bekommernisse. As dit bekend klink, is dit hoog tyd dat jy koopslim raak. Ons sê nie jy mag nie af en toe oor boord gaan nie, maar kies dinge wat jou werklik gelukkig sal maak. Gaan daardie bostukkie wat jy so begeer jou volgende week steeds in ekstase hê? Heelwaarskynlik nie. Om geld op ’n deftige ete saam met vriende uit te gee of op ’n naweekwegbreek sal die ding doen, want die ondervinding word langer uitgerek.

Fokus

Dit klink dalk na New Age, maar as jy sukkel om die goeie dinge in die lewe raak te sien, dwing jouself om dit te doen. Skryf elke dag drie dinge neer wat jou laat beter voel; deur aan hulle te dink, help jy jouself besluit wat goed is in jou lewe.

Spring dadelik in

As jy geneig is om dinge uit te stel, sal hierdie een moeilik wees, maar probeer gerus take onmiddellik afhandel. Moet jou nie vasstaar teen wat jy liewer met jou tyd sou kon doen nie; geniet slegs die taak waarmee jy besig is.

Sonder jou af

Dit sou aangenaam wees as ons almal van tyd tot tyd die kans gehad het om ons batterye te herlaai, maar dit is ongelukkig onmoontlik . . . tot nou. As jy voel jy het hulp nodig om te ontspan, of om te leer hoe om geduldig te wees, of as jy net op jou welstand wil fokus, dan sal die nuwe projek genaamd Infinity House VR Retreat net die regte ding vir jou wees. Die konsep laat jou toe om die voordele van ’n geestelike wegkomplek vanuit jou huis te ondervind. Of jy nou joga wil beoefen, meer wil uitvind oor voeding of mediteer, jou persoonlike kunsmatige intelligensieassistent kan jou help. Dit is ’n virtuelewerklikheidsondervinding wat deur middel van rekenaars, selfone of tablette gebruik word, dus het jy op enige plek toegang daartoe. Dit beteken in die tyd van nood is hulp skaars ’n klik ver.

© Cover Media