Eintlik het jou liggaam kos nodig om te verbrand wanneer jy oefen. Selfs koolhidrate, wat jy dalk dink jou kosvyand is, is belangrik ná ’n oefensessie omdat dit die energie help aanvul wat die liggaam verloor het. Dit sal ook help dat jou spiere herstel nadat jy hulle hard laat werk het.
Eintlik het jou liggaam kos nodig om te verbrand wanneer jy oefen.

Tog beteken dit nie jy kan eet wat jy wil nie – jy moet dit aanvul sonder om te veel kilojoules in te neem. As jy dus wil weet wat die beste versnaperings ná oefening is, is hier ’n paar voorstelle van Pop Sugar.

Klein appel met grondboontjiebotter

’n Klein appel met ’n eetlepel grondboontjiebotter. Dit bied 620 kJ, ’n goeie hoeveelheid ná ’n oefensessie, want dis genoeg om jou spiere te help herstel, maar nie so baie dat jy al jou goeie werk ongedaan maak nie. Vir nog ’n paar koolhidrate, voeg ’n paar druiwe by.

Neutemengsel

Dis al jare lank voetslaners se stapelvoedsel, maar dis belangrik dat jy die regte soort kry. Vermy daardie soorte wat jogurtbedekte rosyntjies of sjokolade stukkies insluit. Hou by die organiese en gesonde soorte en maak seker dat jy nie meer as twee hande vol eet nie; dit behoort genoeg te wees.

Sjokolademelk

Wie sou ooit kon dink dat jy sjokolade kan hê nadat jy geoefen het sonder om skuldig te voel? Sjokolademelk is ’n aanvaarbare versnapering ná ’n oefensessie te danke aan die aantal proteïene wat dit bevat. Dit is ook goed wanneer jy aan die gang is, soos om jou oefensessie voor werk of tydens jou middagete in te pas. Maak jou eie met afgeroomde melk.

Griekse jogurt en vrugte

Proteïene is belangrik nadat jy hard geoefen het, en dit is iets wat Griekse jogurt in die hordes kan lewer. Om die koolhidraatbalans reg te kry voeg vars vrugte by, soos bloubessies, swartbessies of piesang. Granola is nog ’n moontlikheid.

Kaas en beskuitjies

Hier is goeie nuus, kaasliefhebbers! Dié suiwelproduk verskaf proteïene en kalsium, terwyl die beskuitjies koolhidrate en vesel verskaf – dis ’n wen-wen! Maar bly weg van brie of beleë cheddar. Wees slim met jou versnaperings sodat jy nie al jou harde werk by die gim ongemaak maak deur verkeerde kaas en volgraanbeskuit te kies om jou vol te maak nie.

© Cover Media