– lank nadat jy van die trapmeul afgeklim het.

Daardie kort sessies hoë-intensiteit-intervaloefeninge verbeter ook jou atletiese toestand en metabolisme. En nou het dokters bevind kort, kragtige oefeninge kan gelyk wees aan ’n gesonde hart.

Wetenskaplikes van die Newcastle-universiteit het bevind twee-minuut-sessies vir fiksheid kan hartprobleme begin omdraai. Die teorie is getoets op ’n groep van 12 pasiënte met tipe 2-diabetes. Tipe 2-diabetes word dikwels met oorgewig verbind, en kan tot veranderinge in die hart lei wat jou kanse op ’n beroerte of hartaanval kan vergroot.

Die lede van die toetsgroep moes almal vir 12 weke vyf keer per dag kort sessies op ’n oefenfiets voltooi. Die fietsoefening was aanvanklik twee minute en daarna is tien sekondes bygevoeg tot die totale tyd drie minute en 50 sekondes was.

Die resultate is vergelyk met ’n ander groep s’n wat geen oefening gedoen het nie en skanderings het sigbare verbetering getoon.

“Daar is geen rede waarom die voordele nie vir ander mense sal geld nie,” het die studieleier, prof. Michael Trenell, gesê.

Hy het gou uitgewys oefening oor langer periodes is net so voordelig vir jou gesondheid, maar hy wil hê mense moet weet kort sessies moenie geringgeskat word nie.

“Ek sê nie kort sessies intense ofening is beter as langer sessies matige oefening nie – albei is goed. “Maar dit kan vir party mense angswekkend wees om oefening oor ’n lang tyd te oorweeg. Ons het gewys kort sessies kan effektief wees,” het hy verduidelik.

© Cover Media