Ongeveer 80 persent van die mensdom het die herpessimpleksvirus (HSV) onder lede, maar weet nie hoe om die gepaardgaande koorsblare en pynlike blase behoorlik hok te slaan nie.

Hier is van die grootste mites opgeklaar:

  • Koorsblare is van die oomblik dat jou vel begin tintel aansteeklik; nie eers van wanneer daardie eerste gewraakte blasie verskyn nie. Altesaam 70 persent van pasiënte kry die HSV by ’n maat nog voor daar enige teken van ’n koorsblaar is. Dit is steeds allerbelangrik dat jy ’n produk aanskaf wat sal die koorsblaar so gou moontlik sal help opklaar.
  • Koorsblare is nie tot die mond beperk nie. Die HSV kan ook by die oë of genitalieë versprei word. Die virus bly lank dormant, so jy weet dalk nie eens jy het dit en kan dit moontlik oordra nie.

Maar waarmee behandel jy koorsblare wanneer hulle wel uitbreek?

  • Vergeet van ys; afkoeling kan die gejeuk, rooiheid en swelling help verlig, maar dit gaan jou beslis nie vinniger help genees nie.
  • Towerhaselaar (“witch-hazel” of Hamamelis) kan jou ook nie veel help teen koorsblare nie, want dis net ’n ouvroustorie dat dié plant die virus doodmaak. Trouens, dit gaan die koorsblaar net uitdroog.
  • Die hoop beskaam as jy dink jy kan vir goed van die HSV ontslae raak. Dit bly in jou liggaam, maar raak dormant. Meestal vlam dit weens iets heel anders op, byvoorbeeld koue, stres en droë lippe.

Wanneer ’n koorsblaar weer kop uitsteek, gaan reguit apteek en koop ’n produk wat ontwikkel is om die HSV te teiken. As jy nie die HSV wil oordra nie, moet jy tot dit opgeklaar het seksuele kontak staak en ook nie kos of drinkgoed met enigiemand deel nie.

© Cover Media