Volgens onlangse navorsing kan groepsang ’n gevoel van samehorigheid tussen iemand wat teen die siekte veg en sy/haar maat verhoog, aangesien dit hulle op ’n gelyke vlak stel; iets wat dikwels verlore gaan as een person na ’n ander een omsien. Tegelykertyd het die vlakke van selfvertroue van Alzheimer-pasiënte wat by ’n koor aangesluit het, gestyg en hulle het ’n nuwe gevoel van identiteit “bokant hul diagnose” ervaar, het die navorsers opgemerk.

"Die pare wat verkies het om nuwe liedere te leer, het die meeste baat gevind by groepsang"

As deel van die eksperiment is onderhoude met sewentien pare gevoer en daar is bevind dat die plesier van sang ’n positiewe uitwerking op hul verhouding gehad het en dit het ook hul sosiale netwerk uitgebrei. Maats wat voltydse versorgers was, het ook ’n gevoel van vryheid van hul pligte ervaar wanneer hulle saam met ’n koor opgetree het, aangesien hulle tydelik aan hul alledaagse lewe kon ontsnap.

Die pare wat verkies het om nuwe liedere te leer, eerder as om hul geliefkoosde liedjies oor en oor uit te galm, het die meeste baat gevind by groepsang. Navorsers het aan die Britse Sielkundige Vereniging in Londen verduidelik dat dit die metode van demensiesorg, wat dikwels eerder fokus op herinnering as op die leer van nuwe dinge, kan verander.

"Sanggroepe kan aan pare ’n kans bied om op gelyke voet aan ’n aktiwiteit deel te neem; iets wat moeilik kan wees as een van hulle die hoofversorger in die gewone lewe is,” het die hoofskrywer, Shreena Unadkat, van die Solomons Centre for Applied Psychology by die Canterbury Christ Church-universiteit, gesê.

"Voorts het pare wat nuwe dinge aangeleer of uitgevoer het, die grootste voordele gerapporteer en dit is interessant, aangesien demensieterapie op herinnering gegrond is.

"Hierdie opvatting mag dalk implikasies inhou vir die sieklundige terapiste se betrokkenheid by demensieversorging.”

© Cover Media