Hierdie suiwelproduk bevat ontelbare voordele: dit is vol geprop met proteïene, dit is ’n natuurlike bron van vitamien B12, dit bevat 18 persent van jou aanbevole daaglikse kalsium-inname en 48 persent van jou aanbevole daaglikse fosfor-inname.

En 100 g laevetmaaskaas bevat sowat 300 kJ en 1 g vet. Dit is nie slegs ’n heilsame byvoeging vir ’n gebalanseerde dieet nie, maar ook ongelooflik veelsydig.

As jy dit moeilik vind om peuselgoed prys te gee en gereelde maaltye nodig het, is dit ’n fantastiese plaasvervanger vir ’n doopsous, want jy kan wortel- en komkommerstokkies daarin doop. Voeg geurmiddels by as jy die smaak ietwat oninteressant vind.

Jy kan ook die dag begin met maaskaas deur dit deel van jou ontbyt te maak. Dit dien as ’n goeie laevetsmeer vir volkoringroosterbrood, of jy kan ’n smaaklike parfait daarmee aanmekaarslaan. Skep eenvoudig ’n porsie in ’n bakkie en plaas vrugte, heuning en gekapte neute bo-op. Dit bevat baie proteïene, dus sal dit jou genoeg energie gee vir die dag en help om langer versadig te voel.

Ten slotte: maaskaas kan ook die volmaakte manier wees om jou maaltyd mee af te rond. As jy nagereg vir gesonder keuses uitruil, hoef jy nie heeltemal daarvan af te sien nie.

Maaskaas dien as ’n lekker bolaag vir kaaskoek of dit kan saam met kakao en heuning geklits word vir ’n soet, mousse-agtige bederf. Dit is ook lekker saam met spanspek: skep die binnegoed van die spanspek uit en vul dit met maaskaas. Die geure vul mekaar aan en dit is heerlik vullend.

© Cover Media