Kolonkanker kom meer algemeen voor as wat mense dink. Maar dit hoef nie dodelik te wees nie. Die geheim is jy moet dit betyds opspoor.

Deur Ilse Salzwedel

Toe Ben Korf (74) in November 2008 skielik begin sukkel met diarree was hy nie bekommerd daaroor nie. Hy is dokter toe vir ’n voorskrif en toe weg met vakansie. Maar sy maag het bly pla en ná die vakansie is hy terug dokter toe.

Gelukkig vir Ben het sy huisdokter onraad vermoed en hom vir verdere toetse verwys. Vyf dae later is 20 cm van Ben se kolon verwyder nadat kolonkanker gediagnoseer is. Die siekte het hom heel onkant betrap omdat hy gesond geleef het en daar buiten borskanker geen kanker in sy familie was nie.

Lees die volledige artikel in die Herfs 2010 uitgawe van Huisgenoot Pols. Nou op die rakke.