En terwyl die Kerstyd veronderstel is om ’n tyd van vreugde en ontspanning te wees, kan dit in werklikheid baie anders verloop. Bekommernisse oor geld en meningsverskille met familielede is algemene verskynsels. En dit beteken jy moet hanteringsmeganismes hê ingeval iets skeefloop. Gelukkig is daar baie maniere om hierdie Kersfees kalm te bly.

Joga en meditasie

Probeer in die aanloop tot Kersfees by ’n jogaklas naby jou huis aansluit. Mik daarna om een of twee keer per week verkwikkende strekoefeninge en kalmerende asemhalingstegnieke te gaan doen. Wanneer jy kennis van joga opgedoen het, kan jy dit by die huis inspan. As jy oor die feestyd oorweldig voel, kan jy vir 10 minute na jou slaapkamer wegglip. Steek ’n gegeurde kers aan en doen dan eers ’n paar strekoefeninge voor jy ’n rukkie lank mediteer.

Maak ’n plan

Mense orden goed op verskillende maniere. Dit maak nie saak hoe jy dit doen nie – doen net wat jy doen. Vir mense wat visueel ingestel is, kan dit nuttig wees om lysies op te stel. Skryf mense se name en geskenke neer en merk dit af namate jy dit koop. Hoe vroeër jy dit doen, hoe beter sal jy van jou vordering tred hou. Jy sal ook jou uitgawes beter kan versprei as geld ’n kwessie is.

Aromaterapie

Vlugtige olies is ’n moet oor die Kerstyd. Jy kan dit op verskillende maniere insluit – as ’n badbederf, ’n gegeurde kers of selfs net aan jou polse aantik. As die bedrywigheid van Kersfees jou gedaan gemaak het en jy sukkel om te slaap, oorweeg ’n spesiaal geformuleerde sproei vir jou beddegoed. Haal diep asem, sit ontspannende musiek aan en laat dit jou meevoer.

Bederf jouself

Kersfees is natuurlik ’n tyd vir gee, maar dit beteken nie jy moet van jouself vergeet nie. Sit elke dag van Desember tyd opsy vir iets wat jy as ’n luukse beskou. Of dit nou is om by ’n spoggerige koffieplek te gaan cappuccino drink, lank in die bad te lê en week pleks van stort of saans ’n halfuur met die nuutste blitsverkoper op te krul. Beskou dit as jou eie Adventskalender om die dae voor Kersfees af te tel.

© Cover Media