Ons het by plaaslike kenners gaan aanklop om raad.

Slaap genoeg en drink genoeg water en vermy oormatige kafeïen en alkohol, is dr. Johan Reid, ’n neuroloog van Kaapstad, se raad. Let op na wat jou hoofpyne laat toeslaan en vermy dit in die toekoms, sê dr. Elliot Shevel van The Headache Clinic in Johannesburg. Algemene oorsake is rooiwyn, stres, moegheid, helder sonlig en geraas.

Lees ook: Wat veroorsaak jou nagmerries?

Johan voeg by dat jy moet pasop vir te veel pynstillers. Elliott stem saam en sê ’n afhanklikheid van pynstillers kan tot selfs kwaaier hoofpyne lei. Kies ’n mengsel van medikasie en lewensaanpassings, is dr. Ashleigh Bhanjan, ’n neuroloog van Durban, se raad. “’n Holistiese benadering werk die beste.”

Mense wat met kopsere sukkel, is dikwels gevoelig vir lig en geraas, voeg hy by. ’n Stil, donker kamer waarin jy kan slaap, kan ook jou kopseer help afweer.

Lees ook: Is jy ’n emosionele eter? Hier is wenke om dit te klop

Hou ’n kopseer-dagboek waarin jy aanteken hoe gereeld jou kopsere toeslaan, hoe lank dit aanhou en waar die pyn is. Jy kan een gratis hier aflaai.

Bly weg van onwetenskaplike boererate, sê Johan. Hy sê die beste raad is om ’n neuroloog te gaan spreek, wat saam met jou ’n aksieplan kan beraam om jou hoofpyne te troef.

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Dit laat hulle glimlag’: Barmhartige jongmense was gratis haweloses se klere

Toyota se juweeltjie gaan die Milaan-ontwerpweek verower

‘Dis waarom ek bedank het,’ onthul voormalige bok-afrigter Heyneke Meyer

Wie is die ellendige Murphy wat altyd alles laat skeefloop?

Kyk: Dié vrou maak die spoggerigste kapsels vir perde