Dit het so baie voordele dat dit dwaas sal wees om nie die drankie by jou dieet in te sluit nie. Hier volg slegs 'n paar van die voordele verbonde aan klapperwater.

Dit mag nou wel 'n ryk smaak hê, maar klapperwater bevat eintlik bitter min kilojoules. Teen ongeveer 170 kilojoules per 240 milliliter en 95 persent water, hoef jy hoegenaamd nie skuldig te voel as jy 'n groot glas afsluk om te rehidreer nie.

En, selfs in die winter wanneer jy meer geneig is tot griep en verkoue, is klapperwater 'n goeie bystandsdrankie, aangesien dit volgeprop is met antioksidante.

Vrye radikale, wat deur die liggaam se metabolisme vervaardig word, veroorsaak skade, en met meer antioksidante kan jy hulle makliker beveg.

Die voordele stop ook nie daar nie, want die towerdrankie bevat ook kalium. Ons weet almal dat piesangs gepak is met kalium: een middelgroot vrug verskaf ongeveer nege persent van jou daaglikse behoefte.

As jy nou nie gaande is oor piesangs nie, gee klapperwater jou dieselfde hoeveelheid – indien nie meer nie – kalium en jy sal ook nie agterna dors wees nie.

Aangesien kalium jou spiere, brein en senuweestelsel 'n hupstoot gee, moet jy beslis seker maak dat dit 'n groot deel van jou dieet uitmaak.

Magnesium haal ook die lys, en hierdie element gee jou energievlakke 'n hupstoot, dus mag dit dalk 'n beter idee wees om gedurende die dag klapperwater, eerder as koffie, nader te trek.

Sitokiene, 'n groot groep proteïne, het teenverouderingseienskappe en hulle is al gekoppel aan die verlangsaming van die groeitempo by kankerselle – en die drankie bevat dit ook.

Laastens – en moontlik een van die beste opkikkerings vir dié wat Vrydagaande 'n drankie geniet – dit ook help om 'n babelaas te verlig. Dit bring jou maag tot bedaring en sal al die voedingstowwe vervang wat vernietig is deur die mislikheid wat die drank veroorsaak het.

© Cover Media